Organiese/permaculture plaas geleentheid: 1 hektaar landbougrond en 2 slaapkamer huis te huur in Klein Karoo. Geleentheid om selfversorgend “off-the-grid” te leef, na aan die natuur: geen eskom, telkom, ens (wel mtn-opvangs vir selfoon en internetverbinding). Skoon lug; ongelooflike natuurskoon. Kerslig, olielampe; kompos toilet; kook met gas en hout Doverstoof; drink vars rivierwater. 12V sonkrag;
Huur kan betaal word deur talente en insette, eerder as met geld –
Iemand wat bereid is om organiese groentetuin aan te lê en vrugteboompies te plant en te versorg. 2-3 ure werk per dag inruil vir akkommodasie in 2 slaapkamer huis. Kort of langtermyn. Op voorwaarde dat alles op ‘n organiese en natuurlike manier gedoen sal word.

Muti This

This post was submitted by DieDraai.

Ek dink ek moet ‘n blog opsit oor 365 dae saam sportron en kyk wat ek leer en beleef in die tyd.  Sal laat weet waar ek dit opsit en wat die link is ….

Vlooi

Muti This

Simon Nash het ‘n besigheid wat elke voornemende sakeman behoort te konsulteer.  Global Risk Support Group help jou om ‘n besigheids risiko analises te doen.

Kontak vir Simon: www.globalrisk-sg.com of simon.nash “by” globalrisk-sg “punt” com

Muti This

Dit is wat elke ma nodig het, veral in Jhb!!

Kontak vir Angela Barry, sy sal jou ondersteun waar nodig en sorg dat Baba en Jhb nie vir jou te veel word nie!!

Besoek www.mightymom.co.za

Muti This

Ek het altyd ‘n probleem met die alarm mense. Die tegnologie moet altyd opgedateer word en die appie wil altyd ‘n ander stelsel aan my smous.  Tot ek vir Jakes en Japie Alberts ontmoet het.

Ek het gehou van die diens.  Die eienaar is op die perseel, dit is nie ‘n span wat voor jou hek stop en makkers wat jy nie ken wat instap nie.  Nee, die manne hou self toesig en sorg dat alles reg gedoen word… en dat die sisteem werk as hulle die middag oppak!!

Hier is die lysie van wat hulle offer:

Welding en staal werke:

  • Hekke
  • Spaanse bars
  • Motor hekke
  • Diefwering

Elektronies:

  • Alarms
  • CCTV
  • Interkom
  • Toegang beheer
  • Hek automatisasie
  • Elektriese heinings

As jy nou siek en sat is vir jou alarm wat aanhou probleme gee, of jy wil jou sekuriteit laat opknap, kontak vir Jakes of Japie ALLE URE: 011 954 3527 of per e-pos: ideal “by” vodamail punt co punt za

BEL IEMAND WAT JY KEN!!!

Muti This

Die kombuis moet skuif, die venster groter, die kaster meer en die verwerk dop af!! Ons ken almal die storie.  Waar begin jy, wie bel jy? Wel, ek kan jou verseker as jy vir Rochelle bel sal haar pa jou kom help, soos hy vele van my vriendinne al gehelp het.  Wat meer is, jy sal hom volgende keer weer bel!! (Die besigheid is nie ‘n oornag diens wat more net spoorloos verdwyn het nie.)

Vir enige van daardie verstellings in en om die huis, maak dit maklik, bel iemand wat jy met jou veiligheid kan vertrou, in die plek waar jy veilig wil voel.

Bel vir Rochelle:  011 189 4451 of per e-pos Labuschagne.rochelle “by” gmail punt com.

Dit is wat hulle aanbied:

  • Alles wat Pappa moet doen maar nie by uitkom nie
  • Elektriesiteit
  • Loodgieters werke
  • Timmerman
  • Alles buite die huis
  • Teel en verwerk
  • Bouwerk
  • “Dry – Walling”
  • Alle instandhoudings werk  in en om die huis.

Muti This

Mammie se droom!!

Alles wat skoonmaak nodig het!! Matte, gordyne, blinders, bekleedsel, plafonne, ALLES. 

As jy nou na die stof moeg is vir al die sinus, en die kinders is weer aan die gang met die swem, gee jou huis daai skoonmaak waarvoor jy nie kans sien nie en bel vir Wilna!! Sy is fit en vriendelik!! Sy kom stof jou huis  of jou kantoor af en gee dit die “springclean” van ‘n leeftyd!!

Wilna 011 886 9065 Fontainebleau

of per e-pos: cleaningspec “by” polca punt co punt za.

Muti This

Ontmoet vir Neil Sleight en jy wonder waar was die man al jou lewe.  Veral as jy dink aan die meenthuis kompleks se tuin wat gedoen moet word, kantore of self jou woonhuis. 

Neil help graag, van plante weet hy, so ook die besproeiing. So hoekom sukkel met iemand wat jy nie ken nie, hier is vir jou ‘n goeie verwysing!!

Neil Sleight 011 880 2918

e-pos: scapes “by” global punt co punt za

Muti This

Hardloop jy rond om alles te kry vir daardie spesiale ete of funksie? Kom ek help jou om meer tyd vir jouself te kry en steeds ‘n pragtige tafel te dek!

Malanshof flora het daaglik vars sny blomme.  Hulle verskaf nie net die mooiste varste blomme nie, maar maak jou inkopie ervaring maklike en vinnig met ons verskeidenheid plante, vases, kerse en servette en vele meer.  Alles onder een dak om die spesiale geleentheid pragtig af te rond.

Vir groter geleenthede kan jy aanklop vir hulp, hulle doen funksies en lewer af

Kontak vir Samuel en Clarisse by 011 792 9632

11 Malanshof Inkopiesentrum, Hans Schoeman Straat Randburg

Muti This

As jy in Linden omgewing Jhb woon en jy soek goeie vleis, bv.

  • Rump wat 3 weke lekker sag gemaak is,
  • Vleis gesny na jou smaak
  • Soek jy vleis van goeie gehalte wat die regte kleur is, sonder die inspuitings wat die ketting winkels soms laat inglip,
  • Wenner boerewors
  • Braaipakkies wat die bure laat oorstap …
  • Die maalvleis het baie min vet, ek kon dit nie glo nie!! Hoera!! Iemand wat cholesterol verstaan!!!
  • As jy loop sonder om die “Steak patties” met vars basillie te koop gaan jy uitmis op ‘n wonderlike maaltyd!!

Hoekom besoek jy nie vir Bert’s nie?

Die vleis is Vrystaat VARS!! Dit is goeie kwaliteit en wat meer is die blokman is ‘n vrou, so mammie weet waarvan almal in die huis hou!

Koop jou volgende braai pakkie by Riana or Ronel en ek verseker jou, jy maak vinnig ‘n nuwe pel!!

Riana of Ronel 011 782 4919

3 Woodley Sentrum, nr 6 Republiek weg, oorkant die Toyota garage.)

Muti This

Soek op die web