Archive for the ‘Poeding’ Category
Annanda se malva poeding:
1.5 k suiker en 3 eiers, klits dit saam
Gooi by:
3k meel
3 tl bakpoeier
3 knippies sout en meng alles saam.
Gooi by:
4.5 tl asyn
3 eetl appelkooskonfyt
Meng alles goed.
Voeg 3 k melk by en klits goed. Bak vir ongeveer 1 uur in twee bakke of 1 uur in ‘n groot oondbak.
As die poeding uit die oond uitkom moet jy die kokende sous oor die vuurwarm poeding gooi. Hier is die sous resep:
Stroop:
3 k suiker
3 k melk
1.5 k kookwater
340g botter (ek gebruik minder, so 240 g)
Kook die sous. Dit is die geheim van die resep. As een bak te veel is sit die ander een in die vrieskas en vries tot jy dit nodig het.
Ek is op soek na die nagereg resep wat op Roer was die aand toe Nico Nel en Johan Rademan die gaste was. Ek weet nie of ek dom is nie, maar ek kry dit nerens nie. Baie dankie. Drina
This post was submitted by Drina Labuschagne.
Trifle van Anette Jordaan
1 sponskoek
500ml ultramel vla
fyn neute
250ml room
sjerrie na smaak
1 blik ingelegde perskes
2 x rooi jellie
2 x groen jellie
Los julle op in die yskas die vorige aand. Krap jellie met die vurk. Begin met die koek. Gooi bietjie sjerrie oor die koek. Pak dan ‘n laag perskes, ‘n laag jellie, ‘n laag neute, ‘n laag vla en dan weer koek, jellie, neute en vla. Eindig met room. Versier met neute en gerasperde flake of pepermint crisp.
Souskluitjies – Gerbrecht vd Vyver
Kluitjies
250 ml koekmeelblom
10 ml bakpoeier
2 ml sout
50 ml margarien/botter
1 eier
100 ml melk
Sous
500 ml kookwater
25 ml margarien/botter
kaneelsuiker
Sif droë bestanddele saam. Vryf 50 ml margarien in tot mengsel soos broodkrummels lyk. Klits eier en melk saam, roer by meelmengsel in en meng tot ‘n sagte deeg. Voeg nog melk by indien nodig. Verhit water en 25 ml margarien tot kookpunt. Skep lepelsvol deeg in kokende water. Sit deksel op en laat kook 15 minute. Moenie deksel oplig terwyl kluitjies kook nie. Skep kluitjies met ‘n gleuflepel uit in ‘n diep opskepskottel. Strooi kaneelsuiker oor. Kook water waarin kluitjies gaar gemaak is weer. Voeg kaneelsuiker by en giet oor kluitjies. Jy kan nog water byvoeg indien nodig.
Slaai / nagereg – Gerbrecht vd Vyver
Hier is die heerlikste resep vir ‘n slaai of nagereg [jy moet maar self besluit wat vir 'n ding dit is na jy dit klaar geëet het]
Bestanddele: 2 x 150g Malvalekkers.
1 Blikkie fyn pynappel ["crushed pineapple"]
175 ml grenadella joghurt.
Sny malvalekkers in kwarte. Meng al die bestanddele saam. Laat staan oornag en geniet dit die volgende dag.
Michele se sjokolade sous – vir roomys en ander nannas!
150g Donkersjokolade
1 blikkie Kondensmelk
125 ml Melk
Breek die sjokolade in blokkies in ‘n pot. Gooi die kondensmelk en melk by. Roer van koud af tot warm oor lae hitte. As dit kook, haal dit af. As dit te dik is, gooi ekstra melk by. Roer aaneen om klonte te voorkom.
Sjokolade Mouse van Anette Jordaan
100 gram donker sjokolade
3 eetlepels Nesquick/Milo
2 eetlepels suiker
2 eiers
200ml room
Breek die sjokolade. Bedek sjokolade met kookwater en los om te smelt. Meng suiker met eiergeel. Meng nesquick/milo met suiker. Meng eierwit met ‘n knippie sout. Meng room tot styf. Gooi die kookwater van die sjokolade af. Meng die nesquick/milo met die sjokolade. Meng saam met die room en voeg eierwit by. Los in yskas vir ten minste 6 ure. Genoeg vir 4 persone.
Sjokolade kaneel torté – ‘n grand poeding / koek van skoonma…
KORS
2 en ‘n driekwart koppies gesifte meel
2 eetl kaneel
360 g botter
2k suiker
2 eiers ongeklits
Sny sirkels in tinfoelie, (12-14 sirkels)
Smeer dit met olie
Stel die oond op 190°C C
Sif kaneel en meel saam
Klop botter en suiker tot room
Klop eiers een vir een by
Klop tot romerig
Sif kaneel en meel bietjie vir bietjie by
Klop tot glad
Smeer mengsel op die tinfoelie sirkels in ‘n dun lagie bak tot gaar vir ongeveer 12 minute (DIT BRAND MAKLIK HOU DIT DOP!!) Strooi 1/4 teelepel suiker oor elkeen as dit nog warm is (hierdie is addisionele suiker). Bêre dit.
VULSEL
1 uur voor bediening, dit moet kan intrek in die koek lae
25g onversoete sjokolade fyn gerasper
4 k dik room
12 glanskersies
okkerneute
2 flakes
Meng room en kakao saam Smeer op koek laag(torté), sit ‘n torté, laag room, torté ens. Vou onversoete sjokolade by oorblywende room (jy gaan nou die boonste laag versier) Skep op boonste torté Breek flakes in die middel op ‘n hopie (of sprinkel oor die laag) Versier met kersies en okkerneute
Roomys sonder eiers
SJA de Villiers se Kook en Geniet het die volgende resep:
5 ml gelatien, geweek in 15 ml koue water
190 ml kookwater
125 ml suiker
1 blik ingedampte melk, oornag in die yskas
5 ml vanielje geursel
Los geweekte gelatien in die kookwater op en voeg die suiker by. Roer tot suiker opgelos is en laat die mengsel afkoel.
Skud die melk goed, gooi dit uit in ‘n mengbak en klits tot dit styf is en soos room lyk.
Voeg die geursel en suikeroplossing stadig by die melk en klits aanhoudend.
Giet die mengsel in twee houers of ysbakkies en bevries vir 45 minute. Dit moet net gedeeltelik bevries wees.
Plaas terug in die mengbak en klits weer baie goed. Bevries nou verder in die houers.
Om sjokolade roomys te maak, meng 60 ml kakao of twee blokkies onversoete sjokolade met 60 ml warm water. Roer tot glad en voeg by die mengsel.
Ouma laat weet die volgende:
2 koppies melk
½ koppie suiker
1½ eetlepel mielieblom
Ekstra melk
1 klein blikkie pynappelstukke
1 pakkie pynappel yellie
¾ koppie room
Voeg die suiker by die melk en kook. Los die mielieblom in melk op en meng met die suier oplossing.
Laat die mengsel afkoel.
Voeg die sous van die pynappel by die yellie en maak dit aan.
Meng in die volgende volgorde by pynappel stukke: Roer die mielieblom in, dan die yellie en dan die room.
Malvapoeding
250 ml meelblom
5 ml koeksoda
5 ml appelkooskonfyt
5 ml margarien
250 ml melk
1 eier
250 ml suiker
5 ml suurlemoensap
Metode
Room botter en suiker
Voeg eier by
Voeg suurlemoensap, koeksoda en appelkooskonfyt by
Bak in glasbak teen 180 grade C vir 1 uur.
Stroop
250 ml room
125 ml margarien
250 ml suiker
125 ml kookwater
Metode
Kook alles saam vir twee minute en gooi oor poeding sodra dit uit die oond kom.Bak nog ‘n klein rukkie tot karamelagtig.
