Archive for the ‘Gesond ma lekker’ Category
Ma se Hawermoutkoekies … ook bekend as hammermeul koekies
2k Hawermout
1k Suiker
1k Meelblom
1k Gerasperde klapper
1 Eetlepel stroop
1k Botter
1tl Koeksoda
Smelt botter en stroop en roer die koeksoda in. Dit moenie te warm wees nie, anders gis alles uit, ook nie te koud nie, anders proe alles na koeksoda (jy weet seker….). Voeg die res van die droË bestanddele by. Gooi in lae pannetjies en bak in die oond tot dit bruin is teen 300°. Sny terwyl dit nog warm is.
