Archive for the ‘Tradisioneel boer’ Category

EK HERSTEL ALLE LEKKENDE SEMENT EN SINKDAMME EN VERSKAF N TWEE JAAR WAARBORG. VIR GRATIS KWOTASIE SKAKEL: SAREL 0824987450

Muti This

This post was submitted by SAREL BRAND.

Souskluitjies – Gerbrecht vd Vyver

Kluitjies
250 ml koekmeelblom
10 ml bakpoeier
2 ml sout
50 ml margarien/botter
1 eier
100 ml melk
Sous
500 ml kookwater
25 ml margarien/botter
kaneelsuiker

Sif droë bestanddele saam. Vryf 50 ml margarien in tot mengsel soos broodkrummels lyk. Klits eier en melk saam, roer by meelmengsel in en meng tot ‘n sagte deeg. Voeg nog melk by indien nodig. Verhit water en 25 ml margarien tot kookpunt. Skep lepelsvol deeg in kokende water. Sit deksel op en laat kook 15 minute. Moenie deksel oplig terwyl kluitjies kook nie. Skep kluitjies met ‘n gleuflepel uit in ‘n diep opskepskottel. Strooi kaneelsuiker oor. Kook water waarin kluitjies gaar gemaak is weer. Voeg kaneelsuiker by en giet oor kluitjies. Jy kan nog water byvoeg indien nodig.

Muti This

Pofadder
Vat die vet derm.
Lewer
Hart
Niere
Grypie sout
1 eetl vars gemaalde swart peper
2 eetl vars geskroiede gemaalde koljander
Knypie droe tiemie OF half teeleper wonderpeper
1 glas rooiwyn of een eetlepel worcestersous

Vat vetderm van slagdin en dop dit om dat die binnekant buite is. Krap dit mooi skoon. Vat lewer en wat jy wil van die hart, niere en milt (opsioneel) en sny dit in klein stukkies. Geur met spesirye.

Meng alles saam, stop in vet derm en braai op kole.

Die pofadder lyk nie so wel daar op die kole nie, en lyk soos ‘n groen pofadder, maar proe baie lekker.

Muti This

‘n Ander pap vir braaivleis

Slap pap soos benodig
500g spek
‘n Blikkie knopie sampioene
1 Blikkie geroomde sampioene
Gerasperde cheddar
1 Blikkie suikermielies

Maak die slappap gaar die oggend. Sny die spek in stukkies en braai tot gaar. Meng die twee blikkies sampoeine en verhit. Verhit die suikermielies. Pak ‘n laag pap, sampioene, ontbytspek en mielies asook kaas in ‘n vuurvaste bak. Herhaal die lae. Verhit die gereg in die oond voor jy die opdien.

Muti This

Wonderlike Paptert

2k Papmeel
6k water
5ml sout
Maak slap pap – kook tot gaar
2 uie gekap
1 pakke spek gesnipper
1 pakkie sampioene gekerf
Braai saam
Meng by pap, asook:
1k room
1 blik creamstyle sweetcorn

skep in oondvaste bak en rasper 1k kaas oor bak vir 30 min+ teen 180 C of tot deur warm
Sanet Terblanche 043-7482219 Oos Londen

Muti This

Ma se Pannekoek – dit flop nooit!! (kan die deeg vries)

4 k Meel
4 Eiers
4 tl Bakpeoier
0.5 tl Sout
1 k Olie

1/4 k Asyn
4 k Water
Meng bg. 2 saam

Klits eiers goed. Sif meel, bakpoeier en sout saam. Voeg meel asook water om die beurt by die eiers. Meng goed, tot geen klonte. As dit te dik is, gooi nog koue water by. Versier met kaneel en suiker, maalvleis en groete, roomys en vrugte.

Muti This

Koeksisters

6 k meelblom
3 eiers
3 tl bakpoeier
± ½ liter melk
2 eetl gesmelte botter / margarine
Bietjie sout

Klits die eier en melk goed. Sif die meel en sout saam met die bakpoeier. Voeg die melk en eiermengsel by en knie goed. Voeg smeer by en knie tot die deet blasies maak. Laat staan vir ½ – 1 uur en bak in warm olie. Gooi in stroop.

Stroop

800g suiker
500 ml water
12.5 ml gliserien
15ml gouestroop
5 ml kremetart
knypie sout
2-3 stukke pypkaneel

Muti This

Pap by braaivleis

3 k braaipapmeel
250g spek, fyngesny
1 blikkie suikermielies
2 el botter
6 k water
2 tl sout
1 k gerasperde cheddar kaas

Braai die spekvleis stadig in botter tot gaar, in ‘n kastrol waarin jy die pap gaan maak. Wanneer dit gaar is, voeg die kookwater en sout by. As die water kook, voeg die meel geleidelik by en roer dit goed deur. Laat dit oor lae hitte stoom vir ‘n half uur. Voeg dan die suikermielies by en roer weer goed deur. Laat stoom vir nog ‘n halfuur. Net voor bediening word die cheddar kaas ingeroer.

Muti This

Bobotie

1 Dik sny witbrood
250 ml Melk
1 Groot ui fyn gekap of rasper
25 ml Olie
37,5 ml Suurlemoen
10 ml Kerriepoeier
5 ml Suiker
5 ml Sout
‘n Knypie peper
500 g Gemaalde skaap of beesvleis
2 Eiers
12,5 ml Blatjan
3 Vars suurlemoenblare

Maak die maalvleis effens gaar (kook in water en braai ‘n bietjie). Verhit die oond tot 180° C. Week die brood in die melk. Braai die uie in olie tot effens bruin. Meng die suurlemoen, kerrie, suiker, peper, sout en roer dit by die uie. Druk die meeste van die melk uit die brood. Hou die melk wat jy afgooi, en sit 100ml van dit apart vir heel laaste.

Voeg die brood by die uie mengsel en sit die vleis, 1 eier en orige melk by die uie en meng dit. Voeg die blatjan by en laat die mengsel ‘n rukkie kook, terwyl jy dit roer.

Smeer ‘n oondpan en bak die mengsel vir ‘n paar minute. Klits die oorblywende eier en 100 ml melk. Gooi dit oor die bobotie. Sit die suurlemoen blare bo-op en bak vir 30 minute.

Muti This

Soek op die web