Archive for the ‘Om die ma te wees’ Category

Actionball klasse begin in Stilbaai, Riversdal en Heidelberg op 1 Augustus 2010. Actionball is ‘n fisiese ontwikkelingsprogram vir kinders 2-9 jaar, klassies is ‘n halfuur eenkeer per week. Oefeninge en aktiwiteite word deur middel van speletjies aangebied waar kinders nuwe uitdagings bemeester sonder dat hulle weet hulle leer en oefen! Kontak my vir verdere inligting. Geen registrasie fooie of toerusting benodig; klassies word aangebied in skooltyd by kinders se skooltjies, of alternatiewe reelings kan getref word vir kinders met spesiale behoeftes of tuisbly-maatjies. Mammas welkom om te koekeloer! Grotendeels is dit vet pret!

Muti This

This post was submitted by Yzelle Swart.

Vinniger gewigsverlies as om 65 km per week te draf. Sun Slim dieet.Besoek www.Bookamaze.com

Muti This

This post was submitted by Elzabe.

Die een kan jy maar byvoeg indien jy nie meer hoop het nie … of as dinge nou regtig nie meer is soos jy gedroom het toe jy nog op wittebrood was nie. Dit bring weer alles bymekaar, en vir my die beste van alles: Dit leer mens dat dit regtig werk om tyd (energie, geld, moeite, idees en vele meer) te investeer in die dinge en mense vir wie jy lief is.

Kyk die DVD saam ‘n groepie vriendinne, dalk oor ‘n koppie teen en ‘n doos snesies – Fireproof – jy kan dit sommer huur by jou naaste DVD tak. Dan stap jy oor na CUM toe en koop die boek (the love dare) vir jou en een vir jou vriend/vriendin wat jy altyd moet adviseur as dinge tuis bietjie wankelrig raak.

Muti This

Nog ‘n boek wat jy maar kan lees indien jy probeer om kinders groot te maak …. ja ons gehoorsame ouers van die jaar 2009 probeer hulle grootmaak.  In ons dae het ons sommer self groot geword.

Wel probeer die 5 Love Languages of Children … en moenie vergeet om jou eie een ook te lees vir Adults nie!!

Muti This

…. seker baie van julle het al Hettie Britzz se boek gelees oor “Kweek kinders met Karakter.”

Ek het sopas besluit ek het die moeilikste huis in ZA:

Ek is ‘n roosboom.

My dogter van 4 ook.

So ook my seuntjie van 3 ….

Nou wat nou ……

Muti This

My ma praat altyd van monsters, soms wonder ek hoe waar die was, of te wel is!

Daar is monsters van ‘n jaar of twee gelede, en soms as ek na die musiek op die radio luister, maak dit op vreemde maniere herinneringe van die bekende monsters in my wakker …

BOE!

Spoke maak vir Janko bang,
maar sy teddie Krakkie sal die hele lot verslaan.
As jy in die gang af loop,
moet jy net “boe” se^, dan is die monster sommer dood.
Steve Hoffmeyer die Suid Afrikaanse sanger het nie verniet ‘n hele DVD gemaak om kinders in te lig hoe om van monster spoke ontslae te raak nie:
Bordkryt op jou wange,
pampoen eet … en tandepaste op jou tande.
Teddie in jou hande
en ‘n groot harde BOE in jou stembande.
So het klein Janko oorwin: die donker gang…
Later alleen die buitekamer beman…
Hy het geglo in wat Mamma hom vertel
En tot vandag toe het sy hom nog NOOIT teleurgestel

Dieselfde ma het hom ook vertel, dat Klaasvakie in die aande die liggies vlieg en tel.
As jou liggie brand, kan hy dalk net dalkies hier langs jou land.
So het ons gou die ligte afgesit,
En mammie het natuurlik nie lank daana heerlik met haar eie boek gesit!

Dan is daar die monster van Julia Donaldson: Goorgomgaai
as jy die boek lees waai jy die dom monster sommer koebaai!
Die muis kom agter dat sy verbeeldingsvriend wel bestaan
Met sy borrie geel oge en harde purper stekels op sy rug
Laat hy die vos, die uil en die slang dadelik vlug
Maar die muis is muggie maar man
Teen die monster het hy ‘n plan beraam
Hy ken sy storie en oorwin die monster en sy gaatjie
Maak ‘n einde aan die “muis op roosterbrood” praatjie!
Wie nie sterk is nie moet slim wees, dit is gewis
Dit sal die monster storie jou leer, sonder twis!!

Die Pikkenolsies van Max Lucado het gou geleer
Dat daar monster is wat Pikkenolse nie kan sien nie,
Soos die groen neuse mode, wat jou stywe nek laat kry
En die geel, pers en blou neus mode wat jou sak plat sal vry.
Dan was daar die mense wat kolle en sterre op almal wou plak
Kan jy jou indink dat iemand anders jou wysmaak nou’s jy oulik of swak
Die onsigbare monsters kom broei in jou gedagtes
En bring oor jou lewe allerande onnuttige en valse klagtes
Die geheim om die monsters te oorwin
Is om in jouself en jou skepper te glo dis gewin!

Ek is van opinie dat die monsters my baie laat baat:
Van my selfvertroue, geloof in myself of om monsters met rus te laat.
Ek het geleer dat ‘n mens jou man moet staan,
Of dit nou met BOE is of om ‘n plan te beraam.
Ek glo ons kan die onsigbare monsters in ons lewens oorwin
As ‘n Pikkenols dit kan doen, is daar vir ons almal ‘n begin!!

Geniet die monsters in jou lewe
En dalk kan jy van hulle eendag vergewe …
Kyk in die spieel jy het alles gekry
Om enige monster in jou lewe ver agter te laat bly!

….BOE !

(toespraak geskryf vir Graad 3 Leerling in Amersfoort) (C) 2009 Mignon Smit

Muti This

wurms, wurms net waar jy kyk en almal wat te pragtig lyk!!

Vandag het ek en my twee kinders vir die ma’s, pa’s en grootouers en natuurlik die kinders by ‘n kleuterskool gaan wys hoe ons die wurms voer!! Ons het vir die skool ‘n wurmplaas opgestel en dit was toe natuurlik tyd om vir die kinders te gaan wys hoe die wurms se ete voorberei moes word.

Ek het alles saamgevat, appel, wortels, lekker vrot tamaties, pampoenskille en sitrus. Die lemoen het ons vir Arthur die tuinier gestuur, want die wurms kan nie sitrus eet nie. Die res van die kos het ons toe met die “twister” fyn gemaak en lekker met koerantstukkies – wat die kinders self moes skeur – gemeng. Julia het haar teesakkies aangestuur en toe het die sommer na ‘n lekker slaai gelyk! Een het dit met ‘n gieter natgemaak, en toe was die kos reg. Omdat die kinders nog net die swart wurmhouer gesien het maar nog nie ingeloer het nie, het ek die wurms op ‘n koerant uitgegooi. Op die vraag wie ‘n wurm wil vashou, was daar net 40 kinders wat gelyk gegil het: “Ek, ek, ek”. Ag, ek moes geweet het die voorlegging by ‘n montessiri skool gedoen, en die kinders wil alles vat en voel!!!

So, as jy ook ‘n wurmplaas in jou agterplaas of jou motorhuis wil opsit en jy wonder hoe, kry nie die regte antwoorde nie, kom gesels met my hier op vlooi. Ek help jou graag om sommer alles self te koop, gate te boor en die hele ding self aan die gang te kry. Ek sal foto’s neem en later vir julle opsit.

Muti This

Die na-week is agter die blad. Ons het lekker gekuier by vriende in Pretoria. Dit is darm lekker om te sien dat mense nog kan brood bak … die broodbak masjien van die mense, noem ons sommer ‘n dood gewonde OOND!. Dit was ook ‘n lekker lag gewees. Die vars brood, die lekker gesels, dit foto’s kyk op die rekenaar van die ski-ekspidisie oor yslande  – hier sal ek vir julle een van die dae ‘n skakel opsit, sodra Cornel sy webwerf or eerder blog opsit! – was net mooi. Wie weet van iemand wat in die poskaart bedryf is? Die foto’s moet uit, dit is iets uit ‘n ander wereld.

Die braai van tuisgemaakte hamburger vleisies, vars brood, tuisgebakte appeltert en nog een om die koek te vat – aarbei en pynappel. Hoop Marius sit vir ons foto’s op, want ek het nie my kamera daar gehad nie. Gaan loer by www.chaos.co.za dit behoort daar iewers op te kom.

My dogtertjie van 3 het geskype na die VSA, ek het eers vanaand vir die eerste keer geskype na my sussie in Saudi. Ons het lekker gesels en lekker gelag as die lyn stadig word. Wat het ons ouers nie al alles in hul leeftyd beleef nie? Oorlog en internet, telefoon, televisie, elektrisiteit, en loadshedding. Nou is dit selfone en skype. Webblaaie en blogs … ons kinders sal seker vir ons van die maan af waai – via moonski of een of ander snaakse naam vir hulle tegnologie.

Die Sondag was rusgig. Ek kon vanoggend 2 ure van die week se slaap inhaal, die dat ek nou hier sit. Waar gaan die tyd heen. Dit is egter die beste tyd vir my om iets te doen, dit is maar hoe my holosie werk. My broer kuier hier, so more moet ek weer gasvrou speel. Laat ek die lakens nader sleep en klaasvakie uitnooi om by my in te kruip.

Die kinders slaap goed, die medikasie werk, die hoes is af … ek sit die resep op sodra alles oor is.

Muti This

Ek het besluit die beste ding om te doen om die maniere te hanteer, is om soggens op te staan, en positief te wees daaroor. Wat jy dink sal oor jou kom. So nou is dit net positief, en niks meer negatief nie. Ons raas nie ons baklei nie ons verduidelik die reel van saamwerk en lekker vakansie hou, en dalk breek ons die gewoonte en tradisie. Dit werk! Hoera! Dit is nou twee dae, waar ek geen raas gegee het nie. Waar my meisiekind saamwerk, en die seuntjie nie meer hardhandig hanteer word nie. Daar is samewerking. Daar is luister, daar is VREDE. Dit het gekom, en ek is positief daaroor: Dit het gekom om te bly.

Dit is wel interessant dat dit weer terugkeer na die manipulasie sodra pa by die huis instap. Maar hy moet dit hanteer. Dalk sal die vibrasie van positief wees oorgedra word, een of ander tyd, en dan sal daar minder dreigemente van pakslae wees! Ha! Hoop dit werk!

Ons het die kwekerye deurkruis, opsoek na potte vir die tuin. Baie oulike plek gekry in die omgewing van Wilgeheuwel hospitaal, nie die Potensials nie, die pot-plek by die kwekery, verder af in die straat. Baie mooi plek, die uitstallings is keurig en alles lyk mooi, tot die koffiewinkel se stoep. Ek hou van die plek. Ek het egter nie daar gekoop nie, maar besluit om roes-verf te koop en my bestaande potte eers lewe te gee. Dit sal ek more met die hulp van die tuinjong aanpak. Verf en kinders kan net lekker raak, maar ons sal eers vroeg vir hulle hul eie verf moet aanmaak. More sal ons dus tuibly, potte verf en sommer lekker buite teen die muur ‘n groot papier opplak en verf! Ek het ‘n vriendin genooi vir aandete, dit sal ons ook regkry en dan sommer lekker kuier met die positiewe mense in ons lewens.

Besef jy wat jou denke aan jou doen? Besef jy dat as jy heeldag fokus op wat negatief is in jou lewe, dat dit juis dit is wat jou sal inhaal en wat jy sal kry? Moenie eers probeer om positief te wees nie, verander sommer net en wees positief, probeer is nie goed genoeg nie. Wees positief in wat jy van ander dink, hoe jy oor jou kinders voel, nie eers te dink aan praat nie. Wees die positiewe energie wat in die wereld ingaan en wat ander kan aanvoel en betower… en dan laat weet jy my hoe dit jou verander het.

Muti This

Dit is nou verby …..

Dit het ek nou in die familie. Ek is oortuig daarvan ons het siek geraak na ons griep inspuitings, wel ek weet dit vir ‘n feit. Ons wat by die Cliks kliniek, griep inspuitings gekry, en die volgende dag het dit begin. Loopneus en die hoes. Die hoes wat by my spook in die nag… Elke dokter op die planeet is natuurlik oortuig dat dit net toevallig is, maar hoekom dan vir al drie van ons wat die dag daar was? En kyk na die datum, sedert 10 Maart tot 26 Junie. Hoe lank nog? Ek is moedeloos met die vreeslike hoes. Die toetrek van die keel, die blou lippies, die wheeze in die aande waar ek langs my kinders wakker le en wonder hoe benoud hulle is. Die pediater my Wilgeheuwel sê dit is maar soos dit is, daar is niks wat ek daaraan kan doen nie. Daar is niks om te gee nie, daar is geen medikasie nie. Niks verlig dit nie. Nou is ons al op medikasie vir asma, net om dit in die nag beter te maak, maar NIKS. Die medisie het gefaal, het my gefaal, vir die oomblik. Ek glo daar moet iemand wees wat die bydrae sal lees en met die oplossing sal kom. Wat die pad geloop het en wat weet hoe om ‘n einde aan die drie maande van hoes kan sit.

My seuntjie van twee is nou aan die wheeze, my dogtertjie is nou-net daardeur. Ek het dit ook, maar ek kan dit nog hanteer. Hy hoes saans van benoudheid en wil net teen my wees. My dogtertjie hoes haarself wakker, en vra dan net vir mammie. Drie maande, elke aand, wakker, min slaap. Die Rife masjien het nie gewerk nie. Die homeopaat in Krugersdorp het sy beste gegee, maar na twee weke en amper 5 besoeke is daar geen verbetering gewees nie. Stuur my na die oplossing toe. Ek pos die briefe, jy sal dit raaklees en my inlig en so deel ons dit met die ander honderde ma’s daarbuite wat nie dieselfde pad hoef te loop nie.

Kinkhoes, jou blik maak my gek
Jou benoude bokkasie van my lugweg,
wat my hulpeloos na asem laat vra
Weg met jou, jou aankoms en jou vertoef
soek ek nie hier,
jy is my kinders se plesier boef!
uit ons lewens uit,
dit is waar ons jou wil hê,
loop lê in die sloot,
saam kannie – reeds lankal vir ons dood.
Ek het my hande op jul gelê
Want God het dit gesê
More is julle genees,
In heel, hart, siel en vlees.

Muti This

Soek op die web