Archive for the ‘Maak jou rond en gesond’ Category

Toffie appels

1k suiker
½ tl asyn
Rooi kleursel
Knippie kremetart
¼ koppie water
appels

Plaas alles behalwe die apples in ‘n kastrol en roer tot opgelos. Voeg kleursel by. Kook tot middelslag-kraakstadium en verwyder van die stoof. Steek stokkies in die appels en doop in die warm stroop. Plaas op koelrak om droog te word.

Muti This

Springmielie balle

12 k gespringde kiepiemielies
1/2 k goue stroop
1 tl suurlemoen of vanielje geursel
2k suiker
2k water
1/2 tl sout

Kook suiker, sout, stroop, water tot sagte kraakstarium. Voeg geursel by en giet oor mielies. Roer tot al die mielies bedek is en druk in balle groot soos ‘n vuis. Werk baie vinnig. Jy kan ook kleursel bysit vir gekleurde balle.
- uit KOOKBOEK van Muriel Brandskool vir serebraal gestremdes

Muti This

Sjoko-blokkies – Gerbrecht vd Vyver

1 pak mariebeskuitjies fyn gedruk
125 g botter
2 eetl. Suiker
2 eetl. Kondensmelk
4 eetl kakao
1 teel. Vanieljegeursel

Smelt alles behalwe die koekies en geursel. As die suiker gesmelt is haal van die stoof af en gooi die koekies en die vanielje by, meng goed en druk vas op ‘n bakplaat. Sny in blokkies wanneer afgekoel het. Heerlik….

Muti This

Malvalekkerny

1 blikkie kondensmelk
1 pakkie malvalekkers (150 g) – gesnipper
1 pakkie Cream Crackers – fyn gedruk
1 koppie (250 ml) versiersuiker
5 ml vanilla
Meng alles saam.
Gooi in ‘n gesmeerde pan. Laat stol en sny in blokkies.

Muti This

Malva-lekkers Soria van Lier

1 Eetlepel galatien
¼ kop. koue water
1 kop. kook water
1 ½ kop suiker
1 eierwit
knypie sout
1 teelepel vanielje

Week gelatien in ¼ kop koue water vir ongeveer 5 mininute. Los op in ‘n koppie kook water. Voeg suiker, eierwit sout en geursel by. Klits allestesame tot dik dik is (5-7 min) met elektriese klitser. Gooi uit in ‘n gesmeer de bak. As heeltemal gestol sny dit in blokkies en rol in klapper.

Muti This

Ongekookte Fudge

3 pakke (200g elk) Mariebeskuitjies, fyngemaak
1 pak (500g) versiersuiker, gesif
500g margarien, gesmelt
1 blik (380g) karemelkondensmelk, geklits tot glad
10ml vanieljegeursel
versiersuiker (opsioneel)

Spuit ‘n bakplaat van 27 x 39cm in deursnee met kleefwerende middel. Meng die Mariebeskuitjies en gesifte versiersuiker saam in ‘n groot mengbak.
Klits die margarien, karamelkondensmelk en vanieljegeursel saam tot goed gemeng. Voeg bietjie-bietjie by die droë bestanddele in die mengbak en meng goed. Druk die mengsel vas in die voorbereide bakplaat en plaas in die yskas om hard te word.
Laat oornag in die yskas vir die beste resultate.
Sny die fudge in blokkies en bêre in ‘n lugdigte houer in die yskas. Sif versiersuiker oor indien verkies.
Lewer ongeveer 60 blokkies.
Van: Sonja Venter

Die resep kom uit Randrekkers (Carmen Niehaues) Huis Genoot DANKIE SONJA!!!

Muti This

Dacquoise

250 g Droë appelkose
50 g Strooi suiker
Sap van 1 lemoen

Meringues
6 Eierwitte
350 g Strooisuiker
150 g Geskilferde (flaked) amandels

VULSEL
2 k Room (500ml)
Versiersuiker om oor te strooi

METODE:
Week die appelkose oornag in koue water.
Voeg die suiker by en kook stadig tot sag.
Maak fyn (liquidise) een derde en versap die res met lemone sag (moenie dit te sag maak nie).
Sit in ‘n sousbakkie.

Klits eierwitte styf en vou die suiker in drie stadiums by. Vou die amandels in. Plaas meringues sirkels op ‘n bakplaat, en maak twee meringues 23 cm in deursnee sirkels Bak vir 2 en ‘n half uur teen 120°C. Laat staan om koud te word.

Klits room en voeg versierskuier by Maak meringues in laag met appelkose room, en weer meringue weer room, en maak ‘n patroon van appelkose bo-op. Strooi versiersuiker op.

Muti This

2 k Meel
3 tl Bakpeoier
0.5 tl Sout
1.5 k Melk
3 Eiers geskei
4 tl Botter/olie

Klits eierwitte tot dit styf is (dit is die geheim). Voeg melk en eier geel by asook gesmelte botter/olie. Voeg om die beurt by die meel. Meng tot klonte opgelos is.

Muti This

This post was submitted by vlooi.

Ystervarkies / Sneeuvlokkies- Huisgenoot 1985

Koekdeeg
4 eiers
500 ml wit suiker of strooi suiker
250 ml botter/margarine

125 ml melk
750 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
‘n knypie sout

Metode: Verhit oond tot 180°C Klits eiers, suiker en margarine/botter saam. Meng die melk in. Sif meel, bakpoeier en sout saam en vou in mengsel in. Bak in ‘n gesmeerde reghoekige pan vir 1 uur lank. Laat afkoel. Sny in blokkies.

Stroop
750ml witsuiker
200 ml kakao (laat uit vir sneeuvlokkies)
375ml water
15 ml botter/margarine

Metode: Smelt saam tot ‘n sous. Doop die blokkies koek in die sous en strooi met klapper.

As jy sneeuvlokkies maak bly alles dieselfde, maar jy laat net die kakao uit.

Muti This

This post was submitted by vlooi.

Soek op die web