Archive for the ‘Vir tee’ Category
Tiramisu
Hier kom ek toe op ‘n resep af, agter op die Bakers Boudoir Finger Biscuits se pakkie. Nog ‘n plek om vir die resept te soek is agter op die LA CAMPANIA MASCARPONE kaas se houer!
125 ml sterk swart koffie
62.5 ml brandewyn
2 groot eiers geskei
125g Bakers Boudior beskuitjies
25 ml strooi suiker
10 ml addisionele brandewyn
10 ml kakao
150g la campania mascarpone kaas
Meng koffie en 62.5 ml brandewyn.
Doop beide kante van die beskuitjies in die mengsel en rangskik op die bodem van ‘n vlak bak. Bedek die bodem van die bak met die beskuitjies. Gooi die oorblywende stroop oor die besluitjies.
Room wit van eiers en strooisuiker saam tot dit dik en geel is. Voeg 10 ml brandewyn en la Campania kaas by die eiermengsel en meng tot glad. Klits die eier witte tot styf, en vou in die eiermengsel in. Gooi die mengsel oor die beskuitjies. Los in die yskas vir 4 ure tot dit geset is.
Besprinkel met kakao voor dit bedien word. Bedien 4 – 6 porsies.
Ek sien op die prentjie jy kan die beskuitjies in twee lae pak, en dit met ‘n bietjie room en selfs kaneel bo-op bedien.
Skons se geheim
Die anderdag is ek by my buurvrou Johanna om ‘n resept soek, toe sy die geheim met my deel. Skons moet nooit hard wees nie en dit kry jy net reg as jy die volgende in jou skons gebruik:
# Yoghurt
# Suurroom
# Karrinmelk
# Maas
Hier volg die resep:
Skons Resep van Jeraldine Johnson
4 k Bruismeel
½ k of 125 g Margarine (Stork)
2 tl Suiker
2 Eiers
150 ml Yoghurt, suurroom, karringmelk of Maas van swartes
Knippie sout
Krummel die meel, suiker, sout en margarine in Kenwood. Klits die eiers en suurroom mensel. Sny met ‘n mes in by die droë bestanddele, totdat dit beging styf word. Neem deeg en bol dit in jou hande tot ‘n stywe deeg. Druk die deeg vas op ‘n hout bord tot ongeveer 2 cm en druk met koekdrukker uit.
Bak vir 10 min teen 220ºC oond.
Skoonma se skons resep
3 k Meel
3 k Kaas
4.5 tl Bakpoeier
1.5 tl Sout
3 Eiers
300 ml Melk
3/4 Teelepel mostert poeier
Meng die hele spul. Skep op ‘n plaat en bak. Bak in ‘n WARM oond 200° vir 7 minute, of tot bruin. Dit maak seker so 2 dosyn groot skons.
Deesdae vervang ek een koppie kaas met een koppie rou spanasie, weense worsies of enige iets wat daar is wat kinders sal eet!
Sjokoladekoek vir die Mikrogolfoond
Die koek vat ‘n paar minute om te meng, en net 6-7 minute om te bak!! Lekker vinnig!
Deel 1:
1 k meel
2½ tl bakpoeier
1 k suiker
knypie sout
Deel 2
1 k kookwater
3 eetl kakao (meng in kookwater tot klonte opgelos)
1 tl vanilla
2 eiers (groot) geskei (of 3 kleintjies)
Klits eierwitte tot styf.
Meng deel 1 saam in ‘n bak, en meng deel twee saam in ‘n bak (sonder eierwitte). Voeg nou deel 2 by 1, en klits of roer vinnig tot goed gemeng. As jy dit klits, moenie te lank klits nie, ongeveer 30 sekondes. Vou die eierwitte laaste in.
Variasie: Jy kan ook ‘n koppie klapper saam inmeng, of neute, dit smaak ewe lekker!!
Jy kan ook die kakao uitlos.
As jy voel jy wil die koek effens natter hê kan jy ook so 50ml olie of margarine byvoeg.
Spuit ‘n fluitpan met Spay & Cook.(‘n Pan wat ‘n gat in die middel van die koek maak, wat van plastiek of glas is en verkieslik waar die pan in twee kan uitmekaarhaal, die boom is los …Ek het my pan in Clicks gekoop). Sit kombuis handdoekpapier onder in, wat jy sny om die bodem van die plastiek pan te pas. Sit papier in na jy die pan gespuit het. Sny nou eier houer, sodat jy die fluitpan kan lig, vanaf die glas in die mikrogolf oond. Dit sal verseker dat jou koek eweredig gaar word. Dus: Sny die eierhouer, plaas aan kante, balanseer jou fluitpan bo-op.
Bak vir 7 minute op hoog, in ‘n klein oondjie en in ‘n groot oond, 6 minute op hoog.
Los 1 minuut na dit gebak is. Maak dan die oond oop, haal uit, en gooi uit jou pan uit. Trek die papier af. (As jy nie die papier insit nie, maak die Spray & Cook ‘n laag op die koek wat nie lekker is nie.
Versier met vars geklopte room, gekookte kondensmelk of net waarvoor jy vandag lus is.
Sjoko-blokkies – Gerbrecht vd Vyver
1 pak mariebeskuitjies fyn gedruk
125 g botter
2 eetl. Suiker
2 eetl. Kondensmelk
4 eetl kakao
1 teel. Vanieljegeursel
Smelt alles behalwe die koekies en geursel. As die suiker gesmelt is haal van die stoof af en gooi die koekies en die vanielje by, meng goed en druk vas op ‘n bakplaat. Sny in blokkies wanneer afgekoel het. Heerlik….
Sjokolade kaneel torté – ‘n grand poeding / koek van skoonma…
KORS
2 en ‘n driekwart koppies gesifte meel
2 eetl kaneel
360 g botter
2k suiker
2 eiers ongeklits
Sny sirkels in tinfoelie, (12-14 sirkels)
Smeer dit met olie
Stel die oond op 190°C C
Sif kaneel en meel saam
Klop botter en suiker tot room
Klop eiers een vir een by
Klop tot romerig
Sif kaneel en meel bietjie vir bietjie by
Klop tot glad
Smeer mengsel op die tinfoelie sirkels in ‘n dun lagie bak tot gaar vir ongeveer 12 minute (DIT BRAND MAKLIK HOU DIT DOP!!) Strooi 1/4 teelepel suiker oor elkeen as dit nog warm is (hierdie is addisionele suiker). Bêre dit.
VULSEL
1 uur voor bediening, dit moet kan intrek in die koek lae
25g onversoete sjokolade fyn gerasper
4 k dik room
12 glanskersies
okkerneute
2 flakes
Meng room en kakao saam Smeer op koek laag(torté), sit ‘n torté, laag room, torté ens. Vou onversoete sjokolade by oorblywende room (jy gaan nou die boonste laag versier) Skep op boonste torté Breek flakes in die middel op ‘n hopie (of sprinkel oor die laag) Versier met kersies en okkerneute
Rum en rosyne tert
1 pakkie tennis beskuitjies
1 Blik kondensmelk
2 sakkies orley whip
7 ml rum geursel
½ koppie pitlose rosyne
Bedek rosyne met warm water en laat staan vom uit te swel. Klits Orley Whip styf en voeg kouer kondensmelk, geursels en rosyne by. Pak laag op laag en plaas in die yskas. Bedien koud.
Piesangbrood
125 ml margarine
250 ml suiker
5 ml vanilla
2 eiers
500 ml koekmeelblom
10 ml bakpoeier
2,5 ml sout
4-6 piesangs
(Neute is opsioneel, jy kan ook rosyne insit as jy lus is!)
Verhit oond tot 180 grade. Klits botter en suiker tot romerig, sit vanilla by. Voeg eiers een vir een by en klits goed. Sif droë bestanddele saam en voeg by eiermengsel. Maak piesangs met ‘n vurk fyn – nie te fyn nie – en voeg laaste by. Meng alles goed en skep in pannetjie(Bak ‘n uur lank, as dit bo verbruin kan jy foelie los bo-oor sit net om te keer dat dit brand.) Sny en smeer botter.
Hoofbestanddele:
Lang rolletjies of ‘French Bread’ – daai lang, maer brode Margarien/botter (opsioneel) Kaas (Cheddar, Soetmelk, Mozzarella, ens.)
Sny die rolletjies/brood in ‘ronde skyfies’ en plaas die volgende bo-op:
Bolaag 1:
Rasper die volgende baie fyn – hoeveelhede na smaak – wortel, ui, agurkies. Meng met mayonnaise en voeg kerriepoeier, sout en peper na smaak by. Smeer bo-op broodskyfies en sprinkel bietjie kaas bo-oor. Plaas onder die roosterelement totdat die kaas borrel en goudbruin is.
Bolaag 2:
Smeer toebroodjiesmeer (Sandwich Spread) bo-op en sprinkel bietjie kaas bo-oor. Rooster tot goudbruin.
Bolaag 3:
Plaas biltongskyfies bo-op broodjie en sprinkel met kaas. Rooster tot goudbruin.
Bolaag 4:
Die immergewilde tamatie-en-kaas roosterbroodjie, maar sprinkel bietjie ‘Portuguese Chicken Spice’ of ‘Cajun Spice’ bo-oor die tamatie voordat jy die kaas oorstrooi – dis njammies!
