Archive for the ‘Groen’ Category
Soetpatat – Gerbrecht vd Vyver
Sny en skil patats (omtrent genoeg vir 4 mense).
Rangskik in oondbak.
Gooi gouestroop bo-oor – redelik mildelik.
Meng 1 bakkie room (250 ml) met ‘n mespunt koeksoda en gooi dit laastens oor patats.
Bak die mengsel omtrent vir 1.5 uur – hoe langer dit bak (hoe meer karameliseer die room en stroop)
Ingelegde beet
Ek reken baie ingelegde groente werk op dieselfde beginsel.
4 pond beet.
1 bottel asyn (3 koppies)
1,5 koppies suiker
2.5 koppies water
1tl fyn gemmer
1 tl fyn kaneel
kwart tl peper en ‘n knypie sout.
Kook saam vir 5 min. Gooi GAAR gekerfde beet by en kook vir 15 minute. Bottel warm. Voeg uie by voor dit bedien word, indien verkies.
Jy kan ook uie saam kook en dit saam inlê
Groentegereg – Gerbrecht vd Vyver
1 Botterskorsie (butternut)
8 Murgpampoentjies (baby marrows)
250 g Knopie sampioene
Pakkie wit uie soppoeier
1 glasie vars room
Sny botterskorsie in blokkies en mikrogolf met ‘n klein bietjie
water vir ongeveer 10 minute.
Sny murgpampoentjies in ringetjies en mikrogolf met ‘n klein
bietjie water vir ongeveer 8 minute.
Sny sampioene in stukkies (soos jy self verkies) – moet NIE mikrogolf nie.
Gooi al drie groentes in ‘n bak en strooi soppoeier en room bo-oor.
Bak vir ongeveer 20 minute by 180°C.
Al eet jy nie hierdie groentes apart nie, sal ek jou waarborg jy sal hierdie gereg eet totdat jy skuins lê.
Om te verhoed dat groente swart word as dit gevries word, doen die volgende:
Maak groente skoon en doop in die volgende mengsel:
5 Liter water gemeng met 2 teelepels Sodium Metabisulphate / of Sodium Pyrosulphate. Jy kan dit kry by Medi Colab.
This post was submitted by vlooi.
