Archive for the ‘Ai vir slaai’ Category

Tuna en advokadopeer slaai – Gerbrecht vd Vyver

Pasta
1 groot advokadopeer
1 blik tuna
1 houertjie room
Mayonnaisse
Sout en pepper na smaak.

Kook pasta. Sodra gedreineer het, voeg terug in pot en voeg room by, kook pasta en room tot room verdamp het, onthou net om aanhoudend te roer anders brand dit. Sodra room weg gekook is voeg pasta in mengbak saam met tuna, avo, sout en pepper. Meng mayonnaisse by. Voeg in opdienbak.

Muti This

Slaai / nagereg – Gerbrecht vd Vyver

Hier is die heerlikste resep vir ‘n slaai of nagereg [jy moet maar self besluit wat vir 'n ding dit is na jy dit klaar geëet het]

Bestanddele: 2 x 150g Malvalekkers.
1 Blikkie fyn pynappel ["crushed pineapple"]
175 ml grenadella joghurt.

Sny malvalekkers in kwarte. Meng al die bestanddele saam. Laat staan oornag en geniet dit die volgende dag.

Muti This

Warm Sampioenslaai -Maritha van Jaarsveld

500g vars sampioene
40g (50ml) botter/margarine
30g (50ml) koekmeelblom
15ml fyn gekapte ui
5 ml sout
15ml fyn gekapte pietersielie
knypie rooipeper
5ml aangemaakte mosterd
knypie gemaalde neutmuskaat (opsioneel)
250ml room

Voorverhit oond tot 180°C. Sny die sampioen in stukkies en plaas in ‘n oondskottel. Meng die res van die bestanddele, behalwe die room en smeer oor die sampioene (smelt in mikrogolf, makliker om te smeer).
Giet room bo-oor.Bak sampioene 30 tot 40 minute en roer dit 3 tot 4 keer om terwyl dit bak. Sit warm voor.

*As dit te slap lyk, meng 1t maizena, by.

Muti This

Broccolli Slaai – Gerbrecht vd Vyver

Broccolli
Spek
Feta kaas
Mayonnaise
Ui
Suiker

Metode:

1. Die aand voor ek die slaai maak, was ek die broccolli en sit dit dan in ‘n Ziplock sakkie, die volgende dag is die broccolli kraakvars en stewig.
2. Rasper ui en gooi suiker in die gerasperde ui (so 1 eetlepel suiker per ui). Laat vir minstens ‘n halfuur staan.
3. Roer mayonnaise by die ui en suiker mengsel.
4. Braai spek tot gaar en hou eenkant om af te koel.
5. Breek broccolli in eetbare blommetjies, probeer die stingeltjies hou – dis die voedsaamste van die hele spul!
6. Sny fetakaas (of enige kaas indien jy nie van feta hou nie) in blokkies.
7. Meng alles saam en geniet.

Muti This

Biltong en Aartappel Slaai – Gerbrecht vd Vyver

6-8 groot aartappels gekook en gesny
2 uie fyn gekap
gekerfde biltong (nie fyn nie) in stukkies
3 eiers gekook
1 groen peper

Meng bogenoemde saam

Sous:

Halwe blik kondensmelk
1 teelepel mosterdpoeier
4 Eetlepels Mayonnaise
Sout en Peper na smaak
bietjie melk

Meng alles saam en gooi oor die aartappels, laat rukkie in yskas voor jy dit bedien. Dit is heerlik as hy eers gestaan het.

Muti This

Warm Aartappelslaai – Sunette Correia

Hier is my gewildste warm aartappelslaai. Almal eet altyd hulle vingers af as hulle by my kom kuier. Dis ook my man se gunsteling veral saam met braaivleis.

8 Medium aartappels gekook
1 Pakkie gesnipperde bacon
2 Medium uie
1 Pakkie sampioene
Halwe bottel Mayonaise
Witsous
2 Koppies kaas
Sout en peper

Kook Aartapples en laat afkoel. Braai jou bacon, ui en sampioene saam in ‘n klein bietjie olie tot bruin. Maak heelwat witsous en gooi die halwe bottel Mayonaise saam. Meng die gebraaide bacon mengsel saam met die witsous. Pak een laag aartappels en een laag sous. Maak seker dat jy eindig met ‘n laag sous. Strooi gerasperde kaas bo oor en laat in die oond op 180 grade bak tot kaas gesmelt is. Bedien warm.

Muti This

Soek op die web