Archive for the ‘In die sop’ Category

Tjaila Biltongsop – Liefde Amore www.rsg.co.za

125ml (1/2 k) botter
2 Beesvleisaftrekselblokkies
2 t gemaalde swartpeper
½ t neutmuskaat
½ t koljander
250ml koekmeelblom
500ml melk
1,5L kookwater
1 k gerasperde cheddar kaas
200g fyngekerfde biltong
Room en port (opsioneel)
100g bloukaas, gerasper of gekummel

Smelt botter in kastrol, krummel aftrekselblokkies oor en voeg die speserye by.

Roer die meel in, meng water en melk, voeg dit by die meelmengsel, roer aanhoudend, jy soek nie klonte nie!!!!

Verwyder sop van die stoof, en roer die chedderkaas en helfte van die biltong in.

Moenie die mengsel weer laat kook nie, hou net warm. Roer ‘n bietjie room en port in net voor opdiening. Skep sop in borde, sprinkel orige biltong oor, en krummel bloukaas oor. Geniet dit!!!!

Muti This

Botterskorsie sop – Gerbrecht vd Vyver

2 uie
2 Knoffelhuisies
2-4 GROEN, SUUR, geskilde Granny Smith appels
2 hoender oxo blokkies + 0.5 tot 1 liter water (hoe minder water hoe dikker die sop.
2 medium groot geskilde aartappels
2 groterige ‘butternuts’
Bietjie kerriepoeier, sout en peper na smaak

Metode:

Gooi alles gelyk, in blokkies gesny, in ‘n pot en kook die sop tot gaar. Voordat jy opskep kan jy ook ‘n bietjie bulgaarse jogurt (100 ml) of room of melk by roer na smaak.

Muti This

Soek op die web