Archive for the ‘Outydse truuks’ Category

Roomys sonder eiers

SJA de Villiers se Kook en Geniet het die volgende resep:
5 ml gelatien, geweek in 15 ml koue water
190 ml kookwater
125 ml suiker
1 blik ingedampte melk, oornag in die yskas
5 ml vanielje geursel

Los geweekte gelatien in die kookwater op en voeg die suiker by. Roer tot suiker opgelos is en laat die mengsel afkoel.
Skud die melk goed, gooi dit uit in ‘n mengbak en klits tot dit styf is en soos room lyk.
Voeg die geursel en suikeroplossing stadig by die melk en klits aanhoudend.
Giet die mengsel in twee houers of ysbakkies en bevries vir 45 minute. Dit moet net gedeeltelik bevries wees.
Plaas terug in die mengbak en klits weer baie goed. Bevries nou verder in die houers.

Om sjokolade roomys te maak, meng 60 ml kakao of twee blokkies onversoete sjokolade met 60 ml warm water. Roer tot glad en voeg by die mengsel.

Ouma laat weet die volgende:
2 koppies melk
½ koppie suiker
1½ eetlepel mielieblom
Ekstra melk
1 klein blikkie pynappelstukke
1 pakkie pynappel yellie
¾ koppie room

Voeg die suiker by die melk en kook. Los die mielieblom in melk op en meng met die suier oplossing.
Laat die mengsel afkoel.
Voeg die sous van die pynappel by die yellie en maak dit aan.
Meng in die volgende volgorde by pynappel stukke: Roer die mielieblom in, dan die yellie en dan die room.

Muti This

Plaasvervanger vir room

1 groot piesang , 1 eierwit, 1 eetlepel suiker

Druk piesang fyn. Klits die eierwit styf en voeg die suiker geleidelik by. Klop die fyn piesang by enigebruik i.p.v. room.

Muti This

Gekondenseerde Melk

1 Liter Melk
1/4 Teelepel Koeksoda
500 gram Suiker
1/2 Teelepel Sout

Los alles in melk op en kook oor vinnige hitte tot die dikte van gekondenseerde melk.
Pasop vir oorkook, roer slegs as dit wil oorkook, anders versuiker dit as dit koud is.
Laat koud word en gooi in flesse. Dit hou lank op ‘n koel plek.
Rita het die resept donkie jare gelede uit ‘n boek van die Vroue Federasie van Pietersburg gekry.

Muti This

Soek op die web