Archive for the ‘Vis en vleis’ Category

hoe rook ‘n mens ‘n snoek

Muti This

This post was submitted by antonet.

Varktjops met heerlikste sous – Gerbrecht vd Vyver

6 groot varktjops
1/2 kop blatjang – “chutney”
Bietjie knoffel
1 kop kookwater
1/2 kop mayonnaise
1/2 kop tamatiesous
1 pakkie bruinuiesoppoeier

Braai tjops goudbruin aan beide kante. Meng die sousbestanddele en gooi oor die tjops wat in ‘n oondvaste skottel gesit is, sit foelie oor en bak vir 1 uur in die oond. Bedien met rys en gemengde groente.

Muti This

Salmuera – Argenteinse sous vir skaapbraai – TV lank terug

2.5 liter water
60 ml asyn
5 eetlepels sout (Verhit, sodat sout kan oplos)

Voeg by: 5 uie fyn gekap
60 knoffelhuisies (6 bolle)
25 ml fyn koljander
25ml heel naeltjies
25 ml heel peperkorrels
10 ml paprika
5 ml rooipeper
25ml tamatiesous
25ml worchestersous

Meng alles en laat staan vir ‘n week in die yskas.

Skep die naeltjies en peperkorrels af. Versap die uie en res van bestandele, sodat dit nie jou spuit blokkeer nie. Voeg na versapping weer die naeltjies en peper by. (Naeltjies wat versap word sal bitter wees, so skep dit AF!)

Sit jou sous in ‘n 2 liter bottel en maak gaatjie in die doppie. Marineer soos jy die skaap braai. Sout die vleis as jy die opdien, of met die hand soos jy braai. Daar word nie baie sout in die mengsel gegooi nie, anders is die lieste te sout en die res te min sout!

Muti This

Soutsuur vark roerbraai – Gerbrecht vd Vyver

Marinade

1 knoffelhuisie gekneus
50 ml (4 e) tamatiesous
25 ml (2 e) sjerrie
12.5 ml (1 e) heuning
12.5 ml (1 e) witwynasyn
25 ml (2 e) sojasous
25 ml (2 e) sonneblomolie

Bestanddele

500 g varkfilet, in dun repies gesny
1 wortel, geskil en in repe gesny
225 g preie, ontpit en in repe gesny
1 rooi soetrissie, ontpit en in repe gesny
200 g sampioene, afgevee en in kwarte gesny
100 g babamielies, gehalveer
410 g blik pynappelstukke
12,5 ml (1 e) mielieblom, opgelos in 12,5 ml water

Metode

Marineer varkfilet vir 30 minute in die mengsel van knoffel, tamatiesous, sjerrie, heuning, asyn en sojasous.
Verhit olie, haal vleis uit marinade en roerbraai vir 5 minute.
Voeg wortels, preie, soetrissie, sampioene en babamielies by en roerbraai vir 5 minute.
Meng res van die marinade, pynappelstukke met sap en mielieblom saam.
Giet in pan en kook vir 5 minute tot sous effens verdik. Sit dadelik voor op rys.

Muti This

Smoorsnoek vir binnelanders (want jy gebruik gerookte snoek!) van Marinda le Roux

(4 porsies)
2 uie, in ringe
1 e (15 ml) olie
1 e (15 ml) botter
2 aartappels, in blokkies
4 ryp tamaties, geskil en gekap
½ t (2,5 ml) suiker
knippie rissiepoeier of rooipeper
250 g gerookte snoek, vel verwyder, ontgraat en gevlok ‘n skeppie suurroom

Soteer die uie in die olie en botter. Voeg die aartappelblokkies by en roerbraai tot goudkleurig. Voeg die tamaties, suiker en rooipeper by. Prut stadig tot die aartappels gaar is. Voeg die snoek by en maak deurwarm. Proe en geur. Roer ‘n bietjie suurroom by. Garneer met skyfies suurlemoen en gekapte pietersielie. Skep op wit rys waarby gekapte pietersielie geroer is. ‘n Groenslaai rond die maaltyd af.

Muti This

Romerige Hoender-Stroganoff ( 1 uur gereg)

Ems se resep

30 ml botter
15 ml olie
1 ui (gekap)
1 knoffelhuisie (gekneus)
4 hoenderborsfilette (velverwyder, ontbeen, in repe gesny)
5 ml orego
50 ml koekmeelblom
300 ml hoenderaftreksel
150 ml droe wit wyn
100 g dwergsampioene
100g oester- of bruin sampioene in (skyfies gesny)
100 g gekookte ham (gekap)
1 blik 410g rooi nierboontjies (gedreineer; opsioneel)
250 ml room

Verhit botter en olie saam en sorteer ui daarin tot sag en glansend- 2-3 minute.Voeg knoffel by en sorteer vir nog ‘n minuut. Voeg die hoenderrepies by en roerbraai tot goudbruin. Meng orego en meelblom, strooi oor hoenderrepies en roer deur vir sowat 1 minuut. Voeg warm aftreksel en wyn by en verhit tot kookpunt terwyl jy dit roer. Sous sal verdik. Verlaag hitte en laat prut vir nog 10 minute. Voeg sampieoene, ham en boontjies by en verhit tot deurwarm. Roer om te voorkon dat dit aanbrand. Verwyder van hitte en roer room by. Verhit stadig tot warm, sonder om te kook. Garneer met vars orego en dien op saam met rys of mengsel van wit en wilderys.

Muti This

Kaapse Pekelvis van Marina le Roux

2 kg ferm vis soos geelstert
4 groot uie, gekap
750 ml asyn
125 ml water
20 ml sout
125 ml suiker
40 ml kerriepoeier
15 ml borrie
2 ml rooipeper
1 stuk gekneusde gemmerwortel (ek gebruik sommer ‘n teelepel fyn gemmer)
10 koljandersade
5 suurlemoen- of lourierblare

Maak die vis skoon, ontgraat dit en sny in porsies. Kombineer al die ander bestanddele in diep pan en kook sagkens vir 20 minute. Voeg vis by en kook op matig vir ‘n verdere 20 minute, pasop dat vis nie breek nie. Skep in glasbak en laat afkoel. Bedek en laat die geure in yskas verbeter vir sowat 3 dae voor gebruik (verkieslik langer). Bedien met growwe bruinbrood en botter.

Muti This

Lewer of steak gereg – Gerbrecht vd Vyver

Bestanddele:

Lewer of Steak in repies gesny
1 x Greenpepper
1 x Pepper (geel)
1 x Pepper (rooi)
1 pakkie Sampioene
1 – 2 groot uie
1 x vars room
sout en peper na smaak

Metode:

Braai uie en plaas eenkant. Herhaal met sampioene en Greenpeppers. Rol repies lewer in meel en braai tot gaar. Meng gaar uie, greenpeppers, sampioene en lewer in braaipan. Sout en peper na smaak. Gooi bakkie vars room oor en laat prut vir 5 – 10 minute sodat room lekker kan deurtrek. Bedien met rys!!!!!

Muti This

Kerriebeesstowegereg (Matige smaak) – Phillip se resep

750 g Beenlose beesnek of borsstuk in 25 mm blokkies gesny (Addisioneel : Soft shin of maalvleis)
30 ml Kookolie (Addisioneel : Helfte olyf olie en helfte kookolie)
1 Ui fyn gekap
15 ml Kerriepoeier
15 ml Borrie
3 Knoffelhuisies
Halwe vars gemmer
1 Brandrissie, pitte verwyder en fyn gekap
Swartpeperkorrels na smaak
2 Lourierblare
1 Tamatie, geskil en fyn gekap
3 Wortels in skyfies gesny
2 Aartappels in blokkies gesny
200 ml Vleisaftreksel
15 ml Koekmeelblom

METODE
Soteer uie tot deurskynend in kookolie. Voeg al die kerrie, borrie, rissies by en braai vir een minuut. Braai vleis by. Voeg dan peperkorrels, loerierblare, tamatie, knoffel, gemmer en vleisaftreksel by. Verminder hitte, bedek en prut vir 1½ uur tot amper sag. Voeg wortels en aartappels by en prut tot sag. Verdik vloeistof met ‘n pasta van koekmeelblom en water indien nodig.

Muti This

Wenke vir kerrie – uit Phillip se kombuis

Kerrie is nie altyd maklik om te maak nie, veral as jy eers die verkeerde dinge bygevoeg het. Phillip stel die volgende wenke voor:
Gebruik altyd regte vars knoffel
Vars gemmer, net ‘n bietjie
Braai die uie (baie fyn gekap) en kerrie in olyfolie, dit sal verseker dat die kerrie se smaak uitkom.
Sit jou vleis en water by.
Indien jy nie van spesirye in jou vleis hou nie, maak ‘n klein sakkie en plaas die volgende daarin (vars is altyd beter):
# Basil blare
# Lourierblare
# Peperkorrels
# Mosterdsaadjies
# Danja
Voor die gereg klaar gekook het, sit twee suurlemoenskywe by, en indien jou gesondheid dit toelaat, ‘n half koppie bruinsuiker. Die suiker is nie nodig nie, want die ie het suiker in, en dit sal welk uitkom as die uie gebraai word.
Maak jou kerrie vandag, en dien dit eers môre op!!

Muti This

Soek op die web