Archive for the ‘Zo als ek dink’ Category
Die storie het ‘n rukkie terug gebeur, seker so 3 weke al, maar na ek ‘n oproep van die koerant ontvang het, het ek besluit om tog iets oor kinderveiligheid op vlooi te sit. Ek net nou die ander dag by PnP by Northcliffe Square gestop om dit en dat te gaan kry vir die na-week. Uitgeklim en wat sien ek daar: baba in motor, wakker maar stok siel salig alleen. Ek het besluit om maar vir die ma te wag. Te bang dat iemand anders die kind sal steel of dalk gebeur daar ‘n ongeluk en die ma is nie daar nie… wie weet wat alles kan gebeur. Die karwag het gereken sy sal net 2 minute wees. Wel dit was later 20 minute. Ek het natuurlik 10111 gebel en die saak aangemeld, want wie weet watse tipe ma by die winkel gaan uitkom. As sy enige iets soos ek is, sal die polisie dalk moet ingryp… veral as dit by my kinders kom.
Die pop het toe opgedaag. Heel verward toe ek haar beveel om die motor oop te sluit, die kind te red en toe die sleutels konfiskeer. “Jy sal nou maar vir die polisie moet wag…” Sy was uit die veld gelaan. Glo die karwag aangestel om haar kosbare 2 jarige “toe” slapende blonde bondeltjie vir haar veilig op te pas terwyl sy inkopies doen. Ek het toe maar die verbeelding laat posvat en gevra of die man haar oom is? O, nee … ken hom van geen kant af nie, maar vertrou hom genoeg met haar kosbaarste besitting. Wat as hy sien dit is sy kans van ‘n leeftyd, jou kind red uit die kar, weet hoe die ma lyk en sal haar self gaan soek in die winkel en dan met haar verdwyn… haar hart verkoop, haar niere, haar hand aan die een en hare aan ‘n ander, na die afloop van …. Sy was naderhand in trane. Sy het erken dat sy naief was en nooit weer so iets sou doen nie. Ek het natuurlik die SAP gebel en verduidelik dat die ma opgedaag het. Moes verslag doen aan hulle. Die foto van die motor, baba ens. het ek nie aan die koerante uitgelek nie, voel die ma het haar skrik gekry. Onderwyseres nogal, nou weet ek hoekom ek my kinders self grootmaak ….
Sal sy dit weer doen? Sal jy? Maak jy jou mond oop vir kinders of moet die bloed op die voorblad of teerpad eers die praatwerk doen? Ry gister en sien hier in JHB is ‘n diens wat kinders na-skool rondry. Oulike ou motortjie, net jammer die antie wat bestuur voeter so met haar selfoon dat ek nie my kind in daardie hande sal wil laat nie. Wie was dit, laat ek dink kan nie onthou nie maar dit het gerym, oulike naam.
Ag ek praat nie eers van mense wat nie hulle kinders in die motor vasgespe nie. Ek wag vir die eerste aanklag van moord teen ‘n ouer wat ingelig is van die gevare, en steeds die kind los laat. “Ag, hy hou nie daarvan nie …” hy is baie maller oor sy gestremdheid wat hy weens die ouer se nalatigheid gekry het…” Mense julle is siek. Maak vas die kind. Dit is immers hoekom jy die volwassene is, jy moet besluite neem vir die kind, in sy belang. Ek dink dit is hoog tyd dat dit ‘n wet word, waar ek ‘n motor registrasie kan laat lys, en die persoon moet dan ‘n boete kry. Van die mense in my familie en vriende sal natuurlik eerste op my lys wees. Kan glad nie hul logika verstaan van “ons het so groot geword” nie. Toe was daar minder motors, minder navorsing, laer spoed… en natuurlik seker oningeligte ouers … en dit is omtrend al wat dieselfde gebly het.
Was die ander dag by ‘n eetplek, sal die naam noem as ek daar was en sien die nette is nie op nie. Ek het gevra om die swembad, wat in ‘n koi-dam omskep is se net op te sit. Die swembad is pikswart soos die hel, en sou my kind inval sal ek nie eers weet waar om hom uit te duik nie. Die – mag ek byvoeg – onnosele vrou reken my toe mos dat hulle nog nooit ‘n insident gehad het nie, en dat ‘n net nie nodig is nie. Ek het gehoor die plek het nuwe eienaars, sal gaan kyk of hulle ag geslaan het op 702 se oproep na hulle om die net op te sit. Hoekom doen besighede dit? Hoekom reageer hulle nie op kliente versoeke nie, maar eers as die media hulle bel en slegte publisiteit hulle besigheid kan skade aandoen?
In elk geval, as jy weet van ‘n eetplek, waar kinders kan verdrink, ‘n speelplek waar hulle kan seerkry, of sommer net ‘n gebou wat gevaarlik is – soos die reelings by die Virgin Active Cresta waar kinders kan inval by die trappe, los jou kommentaar hier. Ek wil die plekke vermy, en verkieslik nie ondersteun nie, want ek van my kinders orals met my saam.
Is dit nie snaaks hoe mens skielik agterkom dat die wereld maar min omgee vir die goedjies nie? Spoedsones in en om skole in AU is baie stadiger as hier, ALTYD. Padveiligheid, parkeerareas – waar is die plekkie vir die ma met die 4 orrelpypies in ‘n ry? Ek weet Thabazimbi se Shoprite het ‘n plek vir ma’s met kinders, veilig na aan die ingang en afgebaken.
Nou-ja. So kan ek aangaan oor bediening van koffie in restaurante, waar kinders aan tafel sit. Plak dit sommer voor die kind neer, sonder om te wonder -weereens opleiding. Dan die trappe, die reelings in winkelsentrums, parkeerareas, winkeltrollies, winkelrakke en die gepak van winkelitems op die sypaadjie wat nie veilig is nie. Stene wat die bouerye so op die sypaadjies afpak, wat op ons verbygaande ma’s met stootwaentjies kan omvoeter – ja!
Ek sal maar die rokers die keer uitlos. As ek daai kind in jou motor sien rondspring, en ek het kans om ‘n foto te neem, of om jou registrasie nommer af te skryf, gaan ek jou registrasie nommer hier wys!!!
Vir die kinders, wat nie ‘n stem het nie !!
Ons kom nou-net van ‘n lekker aand se gekuier saam die kiddies af. Oppad terug. Sal die vark nou wraggies ‘n rooi lig oorsteek, sodat die aankomende verkeer moet rem!! Ek kan dit nie hanteer nie. Dit kon ‘n motor met kinders in gewees het, ou mense, ‘n taxi vol onskuldige werkers oppad huistoe of de hel met wie: enige iemand se lewe is iets werd. Maar nee, meneer met die pick-up truck mag mos. Hoekom, want die engin onder die kap brul meer as die verstand in sy kop!! As jy die rooi lig oorsteek, steur jy jou ook nie aan die spoedgrens nie? Ja, en jy ry in die geel streep sodat die ambulans nie BETYDS by die beseerde kan uitkom nie. Jy dra dan seker ook nie jou veiligheidsgordel nie, o, en jy koop die “dom” speedcop om? Ja? Verder, betaal jy nie die boetes nie want jy ken iemand wat dit vir jou “crush”. Jip!! Klink dit bekend? Wel ek dink jy is ‘n padvark en dit eskaleer in die doen en late van die res van jou lewenswyse. Want jy is die meneer wat om die braaivleis vuur kla oor “roadrage” oor die mense wat die wet verbreek. Jy kla oor die diefwering wat op jou vensters is, omdat die misdaad so hoog is…. maar jy, jy is hoe dit begin. Bietjie hier, bietjie daar en siedaar: Voor jy weet is jy die volgende moordenaar van onskuldige mense, jy is die rede hoekom mense omkoopbaar is – jy bied dit aan.
Al ooit by ‘n ongelukstoneel verby gery? Wie dink jy versper die pad 90% van die tyd? Die ou met die groot engin, wat nie eers kan CPR doen en hulp aanbied nie. Hy is weereens die donder hoekom ek moet wag, hoekom die volgende botsing plaasvind. Sy ou trokkie – die rooi een – versper die pad, soveel so, dat gin mens verby kom nie… en as jy mooi kyk staan hy met sy hande in sy sakke – weet nie wat hy daar in kry om mee te speel nie – en gesels met sy tjommie, wat die kar gaan haak … hy kon nie eers die deal kry nie.
Ag, dit maak my siek. Wens ek het meer akostiek in my gehad om die ruit oop te draai en vir die oink te skree: Hey boet, haal jou hande uit, daar’s niks, jy het die sleutel in die egnition vergeet, move daai beestrok van jou!!! Jy stink!!
As jy in die besigheid is, laat weet my hoeveel van jou mense kan HELP om ‘n ongeluks toneel, sonder om die pad te versper, ‘n tweede ongeluk te veroorsaak of die oorsaak is van ‘n ongeluk. Hoeveel van julle platanna’s kan meer doen as net deel wees van die misdaad syfer, deel van die roadrage? Ek dink julle outjies moet bietjie iets terug ploeg in die samelewing. Wat van verkeer reguleer, BUITE die trokkie, ipv op die middelman sit en slaap? Wat van bietjie papiere optel, verkeersligte “geel strepies” opplak? Hoekom help julle nie verkeersligte se rooi liggies was nie? Huh?
Kom met ‘n voorstel, want ek kan aan niks dink wat ek al ooit gesien of van gehoor het van julle bromponies wat GOED is nie. NIKS.
My kinders is my lewe,
myne is lankal niet
vir hulle sal ek die wereld deurkruis,
my hart uit giet.
Vir hulle gee ek alles en nog meer,
ek dank God vir my kinders,
wat my soveel van my lewe leer.
En al die positiewe energie
alles wat goed is wil ek met julle deel
As mens dit deel, word dit meer
en dan kan jy maklik uit oorvloed ook gee.
Die beste ding voorwaar wat met my kan gebeur: Julle twee!
Dankie Here vir die ritme wat my hart kan klop,
as ek aan my kinders dink met hart en siel en kop.
Dankie vir elke oomblik, glimlag en blinkoog sonnestraal,
wat hulle vir my gee om my lewe van droefheid in vreugde oor te taal.
Dankie God – uit U grootheid het ek sin gevind
dit in die oë van ‘n kleine kind.
Vir niks kan mens dit ooit verruil
net elke dag ‘n “dankie” deur die lewe laat weerklink
ek het God in die kinders gevind!!
(c) Vlooi 2008
