Archive for the ‘Resensie’ Category
Simon Nash het ‘n besigheid wat elke voornemende sakeman behoort te konsulteer. Global Risk Support Group help jou om ‘n besigheids risiko analises te doen.
Kontak vir Simon: www.globalrisk-sg.com of simon.nash “by” globalrisk-sg “punt” com
Dit is wat elke ma nodig het, veral in Jhb!!
Kontak vir Angela Barry, sy sal jou ondersteun waar nodig en sorg dat Baba en Jhb nie vir jou te veel word nie!!
Besoek www.mightymom.co.za
Ek het altyd ‘n probleem met die alarm mense. Die tegnologie moet altyd opgedateer word en die appie wil altyd ‘n ander stelsel aan my smous. Tot ek vir Jakes en Japie Alberts ontmoet het.
Ek het gehou van die diens. Die eienaar is op die perseel, dit is nie ‘n span wat voor jou hek stop en makkers wat jy nie ken wat instap nie. Nee, die manne hou self toesig en sorg dat alles reg gedoen word… en dat die sisteem werk as hulle die middag oppak!!
Hier is die lysie van wat hulle offer:
Welding en staal werke:
- Hekke
- Spaanse bars
- Motor hekke
- Diefwering
Elektronies:
- Alarms
- CCTV
- Interkom
- Toegang beheer
- Hek automatisasie
- Elektriese heinings
As jy nou siek en sat is vir jou alarm wat aanhou probleme gee, of jy wil jou sekuriteit laat opknap, kontak vir Jakes of Japie ALLE URE: 011 954 3527 of per e-pos: ideal “by” vodamail punt co punt za
BEL IEMAND WAT JY KEN!!!
Die kombuis moet skuif, die venster groter, die kaster meer en die verwerk dop af!! Ons ken almal die storie. Waar begin jy, wie bel jy? Wel, ek kan jou verseker as jy vir Rochelle bel sal haar pa jou kom help, soos hy vele van my vriendinne al gehelp het. Wat meer is, jy sal hom volgende keer weer bel!! (Die besigheid is nie ‘n oornag diens wat more net spoorloos verdwyn het nie.)
Vir enige van daardie verstellings in en om die huis, maak dit maklik, bel iemand wat jy met jou veiligheid kan vertrou, in die plek waar jy veilig wil voel.
Bel vir Rochelle: 011 189 4451 of per e-pos Labuschagne.rochelle “by” gmail punt com.
Dit is wat hulle aanbied:
- Alles wat Pappa moet doen maar nie by uitkom nie
- Elektriesiteit
- Loodgieters werke
- Timmerman
- Alles buite die huis
- Teel en verwerk
- Bouwerk
- “Dry – Walling”
- Alle instandhoudings werk in en om die huis.
Mammie se droom!!
Alles wat skoonmaak nodig het!! Matte, gordyne, blinders, bekleedsel, plafonne, ALLES.
As jy nou na die stof moeg is vir al die sinus, en die kinders is weer aan die gang met die swem, gee jou huis daai skoonmaak waarvoor jy nie kans sien nie en bel vir Wilna!! Sy is fit en vriendelik!! Sy kom stof jou huis of jou kantoor af en gee dit die “springclean” van ‘n leeftyd!!
Wilna 011 886 9065 Fontainebleau
of per e-pos: cleaningspec “by” polca punt co punt za.
Ontmoet vir Neil Sleight en jy wonder waar was die man al jou lewe. Veral as jy dink aan die meenthuis kompleks se tuin wat gedoen moet word, kantore of self jou woonhuis.
Neil help graag, van plante weet hy, so ook die besproeiing. So hoekom sukkel met iemand wat jy nie ken nie, hier is vir jou ‘n goeie verwysing!!
Neil Sleight 011 880 2918
e-pos: scapes “by” global punt co punt za
Hardloop jy rond om alles te kry vir daardie spesiale ete of funksie? Kom ek help jou om meer tyd vir jouself te kry en steeds ‘n pragtige tafel te dek!
Malanshof flora het daaglik vars sny blomme. Hulle verskaf nie net die mooiste varste blomme nie, maar maak jou inkopie ervaring maklike en vinnig met ons verskeidenheid plante, vases, kerse en servette en vele meer. Alles onder een dak om die spesiale geleentheid pragtig af te rond.
Vir groter geleenthede kan jy aanklop vir hulp, hulle doen funksies en lewer af.
Kontak vir Samuel en Clarisse by 011 792 9632
11 Malanshof Inkopiesentrum, Hans Schoeman Straat Randburg
As jy in Linden omgewing Jhb woon en jy soek goeie vleis, bv.
- Rump wat 3 weke lekker sag gemaak is,
- Vleis gesny na jou smaak
- Soek jy vleis van goeie gehalte wat die regte kleur is, sonder die inspuitings wat die ketting winkels soms laat inglip,
- Wenner boerewors
- Braaipakkies wat die bure laat oorstap …
- Die maalvleis het baie min vet, ek kon dit nie glo nie!! Hoera!! Iemand wat cholesterol verstaan!!!
- As jy loop sonder om die “Steak patties” met vars basillie te koop gaan jy uitmis op ‘n wonderlike maaltyd!!
Hoekom besoek jy nie vir Bert’s nie?
Die vleis is Vrystaat VARS!! Dit is goeie kwaliteit en wat meer is die blokman is ‘n vrou, so mammie weet waarvan almal in die huis hou!
Koop jou volgende braai pakkie by Riana or Ronel en ek verseker jou, jy maak vinnig ‘n nuwe pel!!
Riana of Ronel 011 782 4919
3 Woodley Sentrum, nr 6 Republiek weg, oorkant die Toyota garage.)
Ek het onlangs in Cresta winkelsentrum gestap en gemerk dat daar ‘n uitstalling van THE GOOSE COMPANY was. Met nadere kennis het ek ontdek dat dit ou kennisse is, met jare van ondervinding in die dons bedryf wat nou handel onder hul eie nuwe naam, met ‘n nuwe produk wat ek kan aanbeveel. Ons het sommer net lekker gekuier oor gans dons, vere kussings en goeie kwaliteit materiaal.
The Goose Company is voorwaar ek maatskappy wat ek sal aanbeveel indien jy gansdons produkte wil aankoop wat ingevoer is. Dit voldoen aan alle internasionale standaarde, is getoets en jy kan seker wees van goeie kwaliteit. Omdat ek self in die bedryf was en steeds my boeke aan baie gansboere verkoop, is dit goed om op datum te bly met wat in die mark aangaan. Ek sal altyd ‘n voorstander bly van die ware Jakob, waar ganse gepluk word, dons en vere gewas word en produkte een vir een met die hand gemaak word. So skep ons werk en bly eg Suid-Afrikaans, maar daar is en sal altyd ‘n mark bly vir die ingevoerde produk, met ‘n ander baadjie aan. Daar is deesdae egter ‘n tendens onder die groter maatskappye om by boere dons te koop, maar ook dons in te voer. Dan koop ek eerder ‘n totaal ingevoerde produk, wat elders gemaak is, en net hier verkoop word.
The Goose Company se kussings en duvets is van hoogstaande gehalte. As ek moes aankoop, sou ek dit eerder oorweeg het as die ketting winkels wat die etiket op het van dons, maar as jy dit voel is dit duidelik mengsels met vere. Die afwerking is netjies, met ‘n koord gedoen, kussings is gelaag met dons om dit ekstra sag te maak. Die duvets is aangepas vir alle seisoene. In kouer areas kan jy in die winter net ‘n ekstra lagie aanknip. Die materiaal is dig geweef, dons sag, elegant en met ‘n tikkie addisionele aandag wat dit ekstra duursaam maak.
Dit was lekker om die ou gesigte weer te sien, onder ‘n nuwe naam met ‘n produk wat ek uiteindelik kan aanbeveel. Moet asb nie ons handgemaakte Suid-Afrikaanse mense vergeet nie. Ek dink aan Christene Jordaan (0133562226 of 0825713215) van de Doorns en ook Isabel Uys (028 4251166) onder in die Kaap. Kontak hulle ook. Hier is The Goose Company se kontak besonderhede, koop, slaap met ‘n geruste hart en droom drome van groot sukses.
http://www.thegoosecompany.com of kontak Derick op 083 943 8204
Sterkte met die nuwe maatskappy, nuwe produk en ek glo julle kliente sal die produk geniet, soos ek my handgemaakte donskomberse winter en somer lank geniet!
Vir boeke oor gansboerdery, kyk onder die kategorie boekvlooi hier op die blog.
