Archive for May, 2008

1/2 pond botter
8 el suiker
8 el vlapoeier
4 tl bakpoeier
4 k meelblom
2 eiers
1 tl vanilla

Room die botter en suiker.
Voeg geklitste eier, vla en gesifte meel en bakpoeier by.
Bak in oond van 190°C (400F)

Muti This

This post was submitted by vlooi.

Anne se Vla-yskastert

1 blik kondensmelk
¼ koppie suurlemoensap Vla poeier
Melk
2 pakkies Tennis beskuitjies

Roer die suurlemoen en die kondensmelk tot dit dik is. Maak vla met ongeveer 500 ml melk. Die vla moet dik wees, sonder suiker.
Meng nou die kondensmelk by die vla. Pak jou tertbak uit met tennis beskuitjies, gooi ‘n laag vla op en pak weer ‘n laag beskuitjies. Gooi weer vla ens. Strooi krummels van twee beskuitjies bo-oo vir versiering. Sit in die yskas, bedien koud.

Muti This

This post was submitted by vlooi.

Om te verhoed dat groente swart word as dit gevries word, doen die volgende:
Maak groente skoon en doop in die volgende mengsel:
5 Liter water gemeng met 2 teelepels Sodium Metabisulphate / of Sodium Pyrosulphate. Jy kan dit kry by Medi Colab.

Muti This

This post was submitted by vlooi.

Ouma Carr se Vrugetekoek resep dateer uit 1968 – Ek maak die een elke jaar … twee keer

1 pond pitlose rosyne
1 pond sultanas
1 pond botter
1 pond korente
1/2 pond gemengde skil
6 eiers
1/4 pond kersies
1 opgehoopde gegeurde spesirye
2 koppie water
4 koppie meelblom
2 opgehoopde teelepels koeksoda
2 koppie suiker

Was die vrugte af. Sit in ‘n kastrol met water .
Sit botter, suiker en spesirye by. Kook 5 minute.
Sit koeksoda by en haal van die vuur af.
Roer tot dit koud word.
As dit koud is, sit die brandewyn en eiers by.
Sny kersies en meng in meelblom (jy moet dit in die meel inmeng, anders sak die kersies af).
Sit by die eiermengsel. Smeer jou pan en lê dit uit met bruinpapier.
Gooi mengsel in en bak in ‘n stadige oond (250F) vir 4.5 uur.
Dit is ongeveer 120° maar ouma sê jy kan die aanvanklik bietjie warmer maak en dan afdraai.

Muti This

This post was submitted by vlooi.

2 k Meel
3 tl Bakpeoier
0.5 tl Sout
1.5 k Melk
3 Eiers geskei
4 tl Botter/olie

Klits eierwitte tot dit styf is (dit is die geheim). Voeg melk en eier geel by asook gesmelte botter/olie. Voeg om die beurt by die meel. Meng tot klonte opgelos is.

Muti This

This post was submitted by vlooi.

500 ml bruismeel (275g)
10ml bakpoeier
knippie sout
125ml pekanneute (50g)
150ml sonneblomolie
1ml neutmuskaat
2 groot piesangs
160g (200ml) sagte bruinsuiker
125g (250ml) grof gerasperde wortels
2 groot eiers
5ml kaneel

Sif bruismeel, bakpoeier en sout saam. Kap neute, skil en verpulp piesangs. Roer pekanneute, piesangmoes, bruinsuiker en gerasperde geelwortel by meelmengsel. Maak ‘n holte in die middel en giet eiers en sonneblomolie daarin. Klop alles saam tot gemeng. Skep belsag in pan. Bak 45 minute tot ‘n uur tot gaar by 180°C.

Muti This

This post was submitted by vlooi.

Beslag:
250ml koekmeelblom
10ml bakpoeier
7ml koeksoda
5ml kaneel
2ml sout
250ml volkoringmeel
300ml sonneblomolie
4 eiers
1 blik(440g) fyngemaakte pynappel
500ml gerasperde wortel
250ml gekapte pekan- of okkerneute
375ml witsuiker

Versiersel:
250ml versiersuiker
knype kaneel
50 ml roomkaas
neute vir versiering
# Voorverhit die oond tot 180°C
# Smeer ‘n groot ringkoekpan
# Sif koekmeelblom,bakpoeier,koeksoda,kaneel en sout saam.Voeg volkoringmeel by en meng
# Klits die sonneblomolie en eiers saam.
# Voeg dit by die mengsel en meng dit baie goed
# Voeg res van die bestanddele by en meng goed.
# Skep beslag in die pan en maak gelyk
# Bak die koek tot ongeveer ‘n uur tot gaar en goudbruin
# Meng die versiersuiker,kaneel en roomkaas.
# Skep oor koek en laat effens teen die rante af loop
# Kap klompie neute fyn en strooi oor die versiersel

LEWER ‘N GROOT WORTELKOEK!

Muti This

This post was submitted by vlooi.

1 blikkie kondensmelk
¼ koppie suurlemoen sap
10 malvalekkers
½ koppie rou of gaar gerasperde pynappel
1 pakkie kersies
½ koppie room
1 pakkie tennisbeskuitjies

Roer die suurlemoen en kondensmelk tot dit dik is. Sny die malvalekkers in kwarte en voeg by. Voeg die pynappel en gesnyde kersies en afgelope room ook by. Voer die bak se sys uit me tennisbeskuitjies en gooi dien mengsel in die middel. Jy kan ook malva lekkers bo-op sit vir versiering.

Muti This

This post was submitted by vlooi.

Ystervarkies / Sneeuvlokkies- Huisgenoot 1985

Koekdeeg
4 eiers
500 ml wit suiker of strooi suiker
250 ml botter/margarine

125 ml melk
750 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
‘n knypie sout

Metode: Verhit oond tot 180°C Klits eiers, suiker en margarine/botter saam. Meng die melk in. Sif meel, bakpoeier en sout saam en vou in mengsel in. Bak in ‘n gesmeerde reghoekige pan vir 1 uur lank. Laat afkoel. Sny in blokkies.

Stroop
750ml witsuiker
200 ml kakao (laat uit vir sneeuvlokkies)
375ml water
15 ml botter/margarine

Metode: Smelt saam tot ‘n sous. Doop die blokkies koek in die sous en strooi met klapper.

As jy sneeuvlokkies maak bly alles dieselfde, maar jy laat net die kakao uit.

Muti This

This post was submitted by vlooi.

Antieke meubels, of egte hout meubels:
Braun se egte Outydse Byewas Meubelpolitoer.
Smeer vrylik aan. Poets na 24 uur met ‘n sagte lap. Vir stinkhout, gebruik liefs ‘n ou onderbroek. Navrae: Hendrik 0824963633 of nagkar

Muti This

This post was submitted by Hendrik.

Soek op die web