Archive for July, 2008

Omdat mens in Johannesburg bly, moet jy seker so nou en dan aan die dinge in die besoedelde stad deelneem. Die dag was een van hulle. Kom ons gaan stap vir beter gesondheid en oefening, en in die proses help ons die strate bemors en wys ons, ons ware kleure … sonder moeite.
Ons het die stootwaentjie gevat, die twee kinders en besluit om vir Lara ons spaniel by die huis te los. Een hond, twee kinders, lui daar iewers ‘n klokkie?

Ons is 8:00 hier uit en het 9:00 begin stap aan die 8km. Langs die pad was daar baie mense, baie honde, baie pret. Daar is altyd iemand mooier as jyself wat jou kan inspireer en iemand aan die ander kant, wat jou kan motiveer. Die kinders het meestal in die stootwaentjie gery, wat seker nie die ideaal is nie, maar dit is toegelaat – die keer!

Dit was ‘n goeie dag uit. Langs die pad kon mens lekker Powerade kry, asook water. Hier het my storie vir die dag begin. Almal gooi maar die plastiek botteltjies neer, en die water sakkies het ook net getrek. Niemand doen moeite om die kartonhouers wat daar is te gebruik vir die rommel nie, behalwe twee meisiekinders wat die oulike t-hempies aangehad het: Ons Skop Gat! #27 So het ek toe met nadere ondersoek uitgevind dat die gat skoppers ‘n hele familie is. #1 Is ouma Krhatz en #2 en #3 is die van Oudtshoorns. Die spulletjie bly in Pretoria. As hulle by ‘n asblik verby stap, gooi hulle sommer ‘n paar ander Johannesburgers se vullis in die kartonhouers. Die kinders maak beurte om vir #1 te stoot in haar rystoel, en die hele kaboedel bly die hele tyd saam …. wag tot as ouma tyd mors om te gaan tou staan by die regop huisies!! Jy kon jou hare laat pienk spuitverf om jou ondersteuning aan borskanker te toon … die kinders het dit bygebring en Oupa wou spottenderwys weet hoekom die manne nou vandag konfyt in hulle hare het. Die knape was maar stil daarna en het Ouma vinnig laat staan oor die tyd wat sy by kleinhuisie ‘gemors’ het.

Daar was, as ek reg onthou tot #28 genommer gewees. Wel gedaan julle Pretorianers. Julle was ‘n voorbeeld duisend! Ons Johannesburgers strooi rommel, maar glo vas in gesondheid – ons eie maar tot daar met dit wat om ons aangaan in die strate!

Op die stap was daar by die beginpunt ‘n jong knaap wat die stap vir gesondheid begin het met sy rookwolke in my twee jarige se gesig en sy broek se sakke vol biere gestop. Wat ‘n goeie voorbeeld. Ek is seker hy sal nooooit na die tyd agter die stuurwiel inklim nie. Wonder of ek mag noem dat hy van die groep “by word of mouth” was, seker nie!? In elk geval, sulke mense sal daar altyd wees en hulle dra hulle maatskappy se advertensie hoog, net soos die GATSKOPPERS!! Dit is nou vir my om te besluit van wie ek die meeste gehou het.
gatskoppers
Daar was natuurlik baie ander organsisasies wat die dag meegemaak het. Voorwaar ‘n see van mense, uit alle oorde van ons samelewing. Maar aan die GATSKOPPERS: Julle het die indruk gemaak, omdat daar in vandag se lewe net een ding vir ons oor is as ons 76jarige ouderdom bereik: Dit is die vriende en familie wat ons oor die jare opgebou het. Dan is #1, #2, #3 maatskappy al bankrot, of by die deur uit, maar die beginsels en die waardes bly staan en die familie sal jou altyd bystaan. Julle kry elk ‘n plakker op die voorkop!
gatskoppers
Aan 702, dit was baie lekker, wel gedaan en sien julle volgende jaar weer daar. Dalk sal ons dan minder rommel sien, dalk kan julle so bietjie promosie daaroor inbring vir 2009? Dan kan ons ten minste die mense wat in die strate tuisgaan wat ontwrig word, se voorstoepe in ‘n beter toestand los na afloop van die petalje!

Muti This

Die fabriek verskaf werk aan sowat 4 mense. Dit word op ‘n plaas bedryf, wat steeds voluit boer. Die fabriek is nie baie groot nie, maar die masjiene is alles daar, en die vakmanskap goed. Die speelgoed word gepoeier verf, dit gebeur in Potchefstroom. Terug in die fabriek word alles per hand gedoen, wiele aangesit, plakkers geplak, en dan natuurlik die inspeksie om te kyk of die A of B graad is. Altyd goed om te weet daar is ‘n rak met speelgoed met foutjies…

Die speelgoefabriek uitstappie was die moeite werd. Die trekker en waens hou nog, niks is stukkend nie. (sien die resensie onder Algemeen gelys). Ek sien die fabriek het nie ‘n webwerf nie, dalk kan julle hulle kontak en inlig van vlooi!

Hier is die kontak besonderhede: Tough Metal Toys
Ventersdorp. Tel: 018-264-3508 praat met Okkie Yssel of die tannie, sy is die vrou agter die man …..sy weet meer as alles …

Hulle kan vir jou ‘n brosjure pos, en ook ‘n pryslys. Onthou om te vra van die “items met foutjies” – daar is gewoonlik net ‘n kolletjie wat nie geverf is nie, maar die speelding is foutloos en meer bekostigbaar. Hulle pos regdeur die land. Jy kan by hulle bestel en jou eie besigheid tuis oopmaak, vir addisionele inkomste. Dink dit kan die moeite werd wees as jy so ekstra inkomste wil verdien.

As jy in die staal bedryf is en handig is kan jy parte daar bestel, en dalk sommer jou kleinding se eie trekker maak. Ek het so een vir Kersfees aan my seuntjie gegee, swaar soos lood, maar glo my, mik hy vir die kat – is sy sekerlik dood!! Ons het wiele en aste daar bestel en self ‘n trekker gemaak.

So, maak die oproep en kyk wat jy kry.
Hier is ‘n lysie om jou ‘n idee te gee:
Trekkers (4 wiel, 8 wiel, dubbelwiel) enige maak, enige kleur
Implemente – Disse, ploeg, planter, stroper (koring en mielies), eg, skoffel,
Waens – Massawa, tipper, tralie, platbak – wiele wissel.
Padskrapers
Daisy – in piek vir sussie!! Glo my dit sal dalk nodig wees!!
As jy foto’s het stuur dit aan. Ek het dit iewers op die web gesien, maar wil eerder die farbiek self adverteer, laat mense maar hul eie besigheid advertensies doen.

Muti This

Ek het na ‘n nuwe kompleks, net links van Beyers Naude, gegaan naamlik: Trinity Village. Ek het ‘n bietjie gaan loer watter winkels daar oopgemaak het. ‘n Kombuis winkel, lekker koffie plek, winkel vir skoolklere, gemorskos uitlaat op die hoek en toevallig ‘n kinderklere winkel, want ek het mos kinders!! Die winkel bevat meeste van die groot handelsname, boutique klere wat daar in ZA te koop is. Daar is skoene, geblikte geskenke, swemklere in die middel van die winter, juwele, bybenodigthede bv. vir die badtyd, sommer net alles – onder een dak!

Jy kry mos daardie vriendinne wat reeds alles het en vir wie jy niks kan koop nie, en ook nie kan bekostig nie. Wel, hier kan jy ingaan en iets anders kry, wat kreatief is. Jy hoef ook nie te ver te soek nie, want dit is alles onder een dak!

In die middel van die winkel is ‘n lekker speelput waar jy kriejoelende bondeltjie kan insit en deur die rakke blaai, met kleinding heeltyd in sig. As hubby verveelt is met die ekspidisie, wel dan kan hy buite by die koffie winkel gaan sit en ‘n stuk koek eet, terwyl jy die plastiek deurtrek!

Geniet die inkopies!! Jy kan sommer op die internet gaan loer of daar iets is waarvan jy hou. Sweetpotato kinder winkel

Muti This

wurms, wurms net waar jy kyk en almal wat te pragtig lyk!!

Vandag het ek en my twee kinders vir die ma’s, pa’s en grootouers en natuurlik die kinders by ‘n kleuterskool gaan wys hoe ons die wurms voer!! Ons het vir die skool ‘n wurmplaas opgestel en dit was toe natuurlik tyd om vir die kinders te gaan wys hoe die wurms se ete voorberei moes word.

Ek het alles saamgevat, appel, wortels, lekker vrot tamaties, pampoenskille en sitrus. Die lemoen het ons vir Arthur die tuinier gestuur, want die wurms kan nie sitrus eet nie. Die res van die kos het ons toe met die “twister” fyn gemaak en lekker met koerantstukkies – wat die kinders self moes skeur – gemeng. Julia het haar teesakkies aangestuur en toe het die sommer na ‘n lekker slaai gelyk! Een het dit met ‘n gieter natgemaak, en toe was die kos reg. Omdat die kinders nog net die swart wurmhouer gesien het maar nog nie ingeloer het nie, het ek die wurms op ‘n koerant uitgegooi. Op die vraag wie ‘n wurm wil vashou, was daar net 40 kinders wat gelyk gegil het: “Ek, ek, ek”. Ag, ek moes geweet het die voorlegging by ‘n montessiri skool gedoen, en die kinders wil alles vat en voel!!!

So, as jy ook ‘n wurmplaas in jou agterplaas of jou motorhuis wil opsit en jy wonder hoe, kry nie die regte antwoorde nie, kom gesels met my hier op vlooi. Ek help jou graag om sommer alles self te koop, gate te boor en die hele ding self aan die gang te kry. Ek sal foto’s neem en later vir julle opsit.

Muti This

Onderwysers.com is diƩ nuwe webtuiste vir onderwysers, ouers, leerders en almal wat betrokke is by opvoeding.

teacher2.jpg (3 KB)

Muti This

This post was submitted by Lourens Breytenbach.

Werk van die huis af, op jou eie tyd en bepaal jou eie inkomste. Voltyds of deeltyds kan jy jou eie besigheid opbou en finansiele vryheid ervaar.

Kontak vir Migael op 072 574 7832
of besoek http://www.multisure.co.za/00-08465 vir verdere inligting en maak daai eendag, vandag!

Animation.gif (11 KB)

Muti This

This post was submitted by Migael.

Is daar op die web dalk iewers ‘n program wat mens leer om voorleggings te maak en portfolios op te stel?
HELP SEBLIEF TOG GOU….DRINGEND

Muti This

This post was submitted by magda.

Ag, wat ‘n lekker plek! Net jammer die diens is so swak. Ons was lank daar. Dit tafel is nooit mooi afgedek voor ons gaan sit het nie. Toe ons loop, is die vorige mense se glase eers weggevat. Die ysbak van hulle oggend sjampanje het steeds op die randsteen langsaan gestaan. As jy net dink om te ontspan, dan mik die kelnerin vir jou glas, koffie of bord. Die kinders eet maar stadig met rukke en stote, so elke keer moes ma net keer vir die kos! Wat ‘n petalje gee dit nie af as hulle kos skielik verdwyn en hulle is nog besig om te eet nie. Nee wat, ek dink die eienaar moet maar opleiding verskaf aan die mense wat hy in diens neem. Dit is glad nie lekker as iemand in jou koffie beker loer of dit leeg is nie, as sies man!

Kom ons werk aan lekker plekke, kinder vriendelik en daarmee saam: goeie diens!

Muti This

Kyk of jy weet waar die foto geneem is, in Suid-Afrika ja!! As jy reg is stuur ek vir jou ‘n koopbewys van die een of ander aard. …vlooi boom iewers in za

Muti This

Ons kom nou-net van ‘n lekker aand se gekuier saam die kiddies af. Oppad terug. Sal die vark nou wraggies ‘n rooi lig oorsteek, sodat die aankomende verkeer moet rem!! Ek kan dit nie hanteer nie. Dit kon ‘n motor met kinders in gewees het, ou mense, ‘n taxi vol onskuldige werkers oppad huistoe of de hel met wie: enige iemand se lewe is iets werd. Maar nee, meneer met die pick-up truck mag mos. Hoekom, want die engin onder die kap brul meer as die verstand in sy kop!! As jy die rooi lig oorsteek, steur jy jou ook nie aan die spoedgrens nie? Ja, en jy ry in die geel streep sodat die ambulans nie BETYDS by die beseerde kan uitkom nie. Jy dra dan seker ook nie jou veiligheidsgordel nie, o, en jy koop die “dom” speedcop om? Ja? Verder, betaal jy nie die boetes nie want jy ken iemand wat dit vir jou “crush”. Jip!! Klink dit bekend? Wel ek dink jy is ‘n padvark en dit eskaleer in die doen en late van die res van jou lewenswyse. Want jy is die meneer wat om die braaivleis vuur kla oor “roadrage” oor die mense wat die wet verbreek. Jy kla oor die diefwering wat op jou vensters is, omdat die misdaad so hoog is…. maar jy, jy is hoe dit begin. Bietjie hier, bietjie daar en siedaar: Voor jy weet is jy die volgende moordenaar van onskuldige mense, jy is die rede hoekom mense omkoopbaar is – jy bied dit aan.

Al ooit by ‘n ongelukstoneel verby gery? Wie dink jy versper die pad 90% van die tyd? Die ou met die groot engin, wat nie eers kan CPR doen en hulp aanbied nie. Hy is weereens die donder hoekom ek moet wag, hoekom die volgende botsing plaasvind. Sy ou trokkie – die rooi een – versper die pad, soveel so, dat gin mens verby kom nie… en as jy mooi kyk staan hy met sy hande in sy sakke – weet nie wat hy daar in kry om mee te speel nie – en gesels met sy tjommie, wat die kar gaan haak … hy kon nie eers die deal kry nie.

Ag, dit maak my siek. Wens ek het meer akostiek in my gehad om die ruit oop te draai en vir die oink te skree: Hey boet, haal jou hande uit, daar’s niks, jy het die sleutel in die egnition vergeet, move daai beestrok van jou!!! Jy stink!!

As jy in die besigheid is, laat weet my hoeveel van jou mense kan HELP om ‘n ongeluks toneel, sonder om die pad te versper, ‘n tweede ongeluk te veroorsaak of die oorsaak is van ‘n ongeluk. Hoeveel van julle platanna’s kan meer doen as net deel wees van die misdaad syfer, deel van die roadrage? Ek dink julle outjies moet bietjie iets terug ploeg in die samelewing. Wat van verkeer reguleer, BUITE die trokkie, ipv op die middelman sit en slaap? Wat van bietjie papiere optel, verkeersligte “geel strepies” opplak? Hoekom help julle nie verkeersligte se rooi liggies was nie? Huh?

Kom met ‘n voorstel, want ek kan aan niks dink wat ek al ooit gesien of van gehoor het van julle bromponies wat GOED is nie. NIKS.

Muti This

Soek op die web