Archive for August, 2008
Ons verkoop Africana en goeie gehalte tweedehandse boeke oor Suid-Afrikaanse geskiedenis soos dorp- en kerkgeskiedenis; kultuurgeskiedenis; sport; pioniergeskiedenis; algemene; asook boeke oor die Anglo-Boereoorlog, en nog baie meer!!
Besoek ons webwerf: Maroelaboeke
neels
This post was submitted by Neels Loubser.
Goeie premies op persoonlike korttermyn versekering en tot 20% afslag op u huidige kommersieele vesekerings premies.
Geowalt webwerf
This post was submitted by Geowalt Makelaars Moot.
Johan Swarts se bl0g het verskuif na http://gormendizer.co.za. Kom loer gerus in. Dis gratis
This post was submitted by Johan Swarts.
Penny van Sunbeams het vir my die resep aangestuur … Dankie Penny!!
500 ml water
150ml olie
200ml kakao
10ml vanilla essence
Bring tot kookpunt en laat prit
8 eiers
750ml suiker
Klop tot lig en donsig
875ml meel
17.5ml bakpoeier
Voeg die mengsel by die eier mengsel en voeg dan die vloeistof mengsel by.
Gooi in ‘n voorafgesmeerde bierboks wat jy met foelie uigele het, hou die blink kant bo!!
Jy kan die buitekant van die boks ook oortrek om te voorkom dat jou boks brand.
Bak teen 180 Grade vir 30-35 minute.
Versiersuiker
100ml Botter of margarine
500ml versier suiker
150ml kakao
60ml yogurt
Smelt margarine en versiersuiker, voeg dan die res by.
Happy baking
Penny
Wurms, wurms net waar jy kyk!
Ek help met die opstel van wurmhouers en kyk of ek jou vrae en probleme kan oplos.
Ek verkoop ook wurmhouers.
Ek verkoop Red Wrigglers / Kariba / Tiger, apart of as deel van die wurmhouer. Kan to 60000 per week lewer.
Ons help ook boere met die opstel van wurmboerderye op plase met die verwerking van bees, vark en hoendermis.
Wurmhouers tussen R700 – R1500
Wurms R500/kg so ongeveer 1000 wurms is 500g vir R250, kos addisioneel ingesluit, nie saam geweeg nie.
Kontak Mignon op 0832541335 vir meer inligting.

Ek het onlangs in Cresta winkelsentrum gestap en gemerk dat daar ‘n uitstalling van THE GOOSE COMPANY was. Met nadere kennis het ek ontdek dat dit ou kennisse is, met jare van ondervinding in die dons bedryf wat nou handel onder hul eie nuwe naam, met ‘n nuwe produk wat ek kan aanbeveel. Ons het sommer net lekker gekuier oor gans dons, vere kussings en goeie kwaliteit materiaal.
The Goose Company is voorwaar ek maatskappy wat ek sal aanbeveel indien jy gansdons produkte wil aankoop wat ingevoer is. Dit voldoen aan alle internasionale standaarde, is getoets en jy kan seker wees van goeie kwaliteit. Omdat ek self in die bedryf was en steeds my boeke aan baie gansboere verkoop, is dit goed om op datum te bly met wat in die mark aangaan. Ek sal altyd ‘n voorstander bly van die ware Jakob, waar ganse gepluk word, dons en vere gewas word en produkte een vir een met die hand gemaak word. So skep ons werk en bly eg Suid-Afrikaans, maar daar is en sal altyd ‘n mark bly vir die ingevoerde produk, met ‘n ander baadjie aan. Daar is deesdae egter ‘n tendens onder die groter maatskappye om by boere dons te koop, maar ook dons in te voer. Dan koop ek eerder ‘n totaal ingevoerde produk, wat elders gemaak is, en net hier verkoop word.
The Goose Company se kussings en duvets is van hoogstaande gehalte. As ek moes aankoop, sou ek dit eerder oorweeg het as die ketting winkels wat die etiket op het van dons, maar as jy dit voel is dit duidelik mengsels met vere. Die afwerking is netjies, met ‘n koord gedoen, kussings is gelaag met dons om dit ekstra sag te maak. Die duvets is aangepas vir alle seisoene. In kouer areas kan jy in die winter net ‘n ekstra lagie aanknip. Die materiaal is dig geweef, dons sag, elegant en met ‘n tikkie addisionele aandag wat dit ekstra duursaam maak.
Dit was lekker om die ou gesigte weer te sien, onder ‘n nuwe naam met ‘n produk wat ek uiteindelik kan aanbeveel. Moet asb nie ons handgemaakte Suid-Afrikaanse mense vergeet nie. Ek dink aan Christene Jordaan (0133562226 of 0825713215) van de Doorns en ook Isabel Uys (028 4251166) onder in die Kaap. Kontak hulle ook. Hier is The Goose Company se kontak besonderhede, koop, slaap met ‘n geruste hart en droom drome van groot sukses.
http://www.thegoosecompany.com of kontak Derick op 083 943 8204
Sterkte met die nuwe maatskappy, nuwe produk en ek glo julle kliente sal die produk geniet, soos ek my handgemaakte donskomberse winter en somer lank geniet!
Vir boeke oor gansboerdery, kyk onder die kategorie boekvlooi hier op die blog.
