Archive for January, 2009
My ma praat altyd van monsters, soms wonder ek hoe waar die was, of te wel is!
Daar is monsters van ‘n jaar of twee gelede, en soms as ek na die musiek op die radio luister, maak dit op vreemde maniere herinneringe van die bekende monsters in my wakker …
BOE!
Spoke maak vir Janko bang,
maar sy teddie Krakkie sal die hele lot verslaan.
As jy in die gang af loop,
moet jy net “boe” se^, dan is die monster sommer dood.
Steve Hoffmeyer die Suid Afrikaanse sanger het nie verniet ‘n hele DVD gemaak om kinders in te lig hoe om van monster spoke ontslae te raak nie:
Bordkryt op jou wange,
pampoen eet … en tandepaste op jou tande.
Teddie in jou hande
en ‘n groot harde BOE in jou stembande.
So het klein Janko oorwin: die donker gang…
Later alleen die buitekamer beman…
Hy het geglo in wat Mamma hom vertel
En tot vandag toe het sy hom nog NOOIT teleurgestel
Dieselfde ma het hom ook vertel, dat Klaasvakie in die aande die liggies vlieg en tel.
As jou liggie brand, kan hy dalk net dalkies hier langs jou land.
So het ons gou die ligte afgesit,
En mammie het natuurlik nie lank daana heerlik met haar eie boek gesit!
Dan is daar die monster van Julia Donaldson: Goorgomgaai
as jy die boek lees waai jy die dom monster sommer koebaai!
Die muis kom agter dat sy verbeeldingsvriend wel bestaan
Met sy borrie geel oge en harde purper stekels op sy rug
Laat hy die vos, die uil en die slang dadelik vlug
Maar die muis is muggie maar man
Teen die monster het hy ‘n plan beraam
Hy ken sy storie en oorwin die monster en sy gaatjie
Maak ‘n einde aan die “muis op roosterbrood” praatjie!
Wie nie sterk is nie moet slim wees, dit is gewis
Dit sal die monster storie jou leer, sonder twis!!
Die Pikkenolsies van Max Lucado het gou geleer
Dat daar monster is wat Pikkenolse nie kan sien nie,
Soos die groen neuse mode, wat jou stywe nek laat kry
En die geel, pers en blou neus mode wat jou sak plat sal vry.
Dan was daar die mense wat kolle en sterre op almal wou plak
Kan jy jou indink dat iemand anders jou wysmaak nou’s jy oulik of swak
Die onsigbare monsters kom broei in jou gedagtes
En bring oor jou lewe allerande onnuttige en valse klagtes
Die geheim om die monsters te oorwin
Is om in jouself en jou skepper te glo dis gewin!
Ek is van opinie dat die monsters my baie laat baat:
Van my selfvertroue, geloof in myself of om monsters met rus te laat.
Ek het geleer dat ‘n mens jou man moet staan,
Of dit nou met BOE is of om ‘n plan te beraam.
Ek glo ons kan die onsigbare monsters in ons lewens oorwin
As ‘n Pikkenols dit kan doen, is daar vir ons almal ‘n begin!!
Geniet die monsters in jou lewe
En dalk kan jy van hulle eendag vergewe …
Kyk in die spieel jy het alles gekry
Om enige monster in jou lewe ver agter te laat bly!
….BOE !
(toespraak geskryf vir Graad 3 Leerling in Amersfoort) (C) 2009 Mignon Smit
Daar is poste beskikbaar vir Verkoopskonsultante asook Installeerders in goeie maatskappy in Eastgate en Sandton Gauteng. Kontak manda of 0837604385 vir inligting en ook om onderhoud te reel. Kyk na www.soundandimage.co.za om te sien wat ons doen. Voltydse poste. Bou loopbaan. MOET bestuurslisensie hê en eie motor ‘n voordeel. Ondervinding & opleiding nie noodsaaklik maar moet profesioneel en betroubaar wees. Begin salaris onderhandelbaar. Tussen R3000 en R6500 per maand met groei geleenthede.
This post was submitted by Manda Botha.
Ek het onlangs ‘n slegte eervaaring ondergaan met ‘n Maatskappy en het alles verloor die eind resultate is dat ek nou onder adminastrasie is en gelys is by ITC. Ek weet nie MEER watter kant toe nie en my gesondheid lei daar onder. As iemand my kan help sal ek dit innig waardeur. Kontak my vir my CV.
Gerhard Adriaan van Heerden
Newlands
Johannesburg
© 072 667 3752
E-pos: adriaanvHeerden
This post was submitted by Adriaan van Heerden.
Hallo
Ons het Kersfees ‘n ete gehad by my boet se meisie se familie, en het die lekkerste boontjie gereg geeet met simba chips in. Haar ma wou nie vir ons die resep gee nie.
Kan iemand my dalk met die resep help?
Oulike website wat jul het, ek sal beslis meer mal hier loer.
Dankie
R
This post was submitted by rika.
Ek kan jou wys hoe om op die pad na finansiele vryheid te kom.
Werk jou eie ure, jy’s jou eie baas.
Besoek www.myhomebiz.co.za/00-08465 of sms jou e-pos adres na 072 574 7832
This post was submitted by carmen.
Sign besigheid op Oudtshoorn benodig ‘n grafiese ontwerper
Kennis van CoralDRAW 10 is ‘n moet en
kennis van silkscreening sal in jou guns tel
This post was submitted by Alewyn Nel.
Kan iemand my dalk help ek soek n mikrogolf melktert resep wat in die Huisgenoot mikrogolf wenresepte boek was bevat kondensmelk ook
This post was submitted by Hanlie Neary.
Op hierdie stadium sal ek graag tikwerk na ure wil doen vir ekstra inkomste. Werk voldag, maar ek kry nie my salaris gereeld nie, die ‘stress’ rondom dit is glad nie goed nie!! As iemand my kan help met tikwerk vir ekstra inkomste sal ek dit baie waardeer.
This post was submitted by Roeleen.
Kreatiewe Trou en Portret Fotografie
Bekostigbare pakkette
Jou kosbare herinneringe vir altyd…
Pretoria -Oos.
Vir beskikbare datums en ander navrae
083 659 5597 of
purpleworx.com
purpleworx.synthasite.com vir voorbeelde
This post was submitted by Zelda.
Blitz Boontjie Kerwer, vanaf 1965. Kerf boontjies die boer manier, chop-chop. Battery model R140 en elektries R200. Besoek www.blitz.blat.co.za vir meer inligting en boontjie resepte.
This post was submitted by Blitz.
