Bierboks koek vir die kleuterskool

August 20, 2008 vlooi Bak en brou

Penny van Sunbeams het vir my die resep aangestuur … Dankie Penny!!

500 ml water
150ml olie
200ml kakao
10ml vanilla essence
Bring tot kookpunt en laat prit

8 eiers
750ml suiker
Klop tot lig en donsig

875ml meel
17.5ml bakpoeier
Voeg die mengsel by die eier mengsel en voeg dan die vloeistof mengsel by.
Gooi in ‘n voorafgesmeerde bierboks wat jy met foelie uigele het, hou die blink kant bo!!
Jy kan die buitekant van die boks ook oortrek om te voorkom dat jou boks brand.
Bak teen 180 Grade vir 30-35 minute.

Versiersuiker
100ml Botter of margarine
500ml versier suiker
150ml kakao
60ml yogurt
Smelt margarine en versiersuiker, voeg dan die res by.

Happy baking
Penny

Muti This

bierboks koekcake in a beerboxrecipesResepte

2 Responses to “Bierboks koek vir die kleuterskool”

  • Abre says:

    As die koek nie in die middel gaar is na 35 min nie, sit dit terug vir nog 30 min. Jy kan ook die bakpoeier vermeerder na 30 ml.

  • Erna says:

    Dankie, want die koek was nie gaar in die middel na 35 min. nie-sal dophou na nog 30 min. Dit lyk lekker


Leave a Reply

Powered by WordPress and HQ Premium Themes.