Biltong aartappel slaai

June 22, 2008 vlooi Ai vir slaai

Biltong en Aartappel Slaai – Gerbrecht vd Vyver

6-8 groot aartappels gekook en gesny
2 uie fyn gekap
gekerfde biltong (nie fyn nie) in stukkies
3 eiers gekook
1 groen peper

Meng bogenoemde saam

Sous:

Halwe blik kondensmelk
1 teelepel mosterdpoeier
4 Eetlepels Mayonnaise
Sout en Peper na smaak
bietjie melk

Meng alles saam en gooi oor die aartappels, laat rukkie in yskas voor jy dit bedien. Dit is heerlik as hy eers gestaan het.

Muti This


Leave a Reply

Powered by WordPress and HQ Premium Themes.