Wurms en wurmhouers

of te wel “Worms and wormeries”

Besoek: www.erdwurms.co.za vir kontakbesonderhede, pryse, inligting en veel meer!

kariba wurms
Foto: Red Wrigglers, Tiger, Kariba of Eisenia fetida een en dieselfde ding! Die koekon met klein wurmpies is duidelik sigbaar op die foto!

Wurms: Ongeveer 2000 GROOT VOLWASSE wurms per 500g

R300/ 500g
R600/ kg
Vaste bestellings R400/ 10kg  (aflewering en vervoer uitgesluit)

Skakel Mignon by 083 254 1335 of stuur e-pos aan wurms
Ons het altyd voorraad en is in Johannesburg en Potchefstroom.

Ons lewer landswyd.

Ons doen installasie van wurmfarbieke vir skole en restaurante, asook gastehuise!!

Ons doen ook installasies van groot kompos houers vir tuine, en verskaf hier slangwurms om die werk te doen.

Die glibberige rooi wurmpies kan vir jou soveel dinge doen. Hulle eet jou kombuis afval weg en daarmee saam gee hulle vir jou kompos terug, vastestof en vloeistof. Hulle gaan rustig voort terwyl jy jou deel doen om die omgewing te bewaar en by te dra in jou eie tuin. Hulle stink nie, en as daar ‘n reukie is sal jy moet ondersoek instel wat die oorsaak daarvan is. Gewoonlik is die houer te nat, of as dit nuwe wurms is het ‘n paar dalk gesneuwel en dit veroorsaak die reuk. Dit duur nie lank nie en dan is die balans weer daar en jou wurmhouer is weer in produksie.

My vriendin, Tannie Edna, hou haar 9 wurmhouers in haar eetkamer aan, omdat sy voel dit is te koud vir hulle in die winter. Edna is ‘n senior burger, en dit is by haar wat ek baie dinge leer en weer met julle deel.

Ons het ons eerste wurmhouers self gemaak, ja, ons is vrouens en ons kan ook goed maak … maar indien jy in ‘n gegiete herwinnings plastiek houer belangstel, kan ek dit ook aan jou verskaf.

Die wurms wat ek in die houers sit, en wat ek ook as alleenstaande verkoop kom van my swaer se plaas af. Daar leer ons op grootmaat van wurms!! Daar is etlike miljoene van die wikkel balies onder skadunette en hulle doen weer hulle deel om die varkplaas skoon te hou. Hulle doen egter meer as dit: Hulle verskaf ‘n addisionele inkomste, maak kompos en so kan die organiese tuine van my skoonsussie Salome nou begin vrugte of sal ek eerder skryf groente lewer!!

As jy jou groentetuin in die stad organies wil maak, skaf daai wurmhouer aan. Ons help met die opstelling, probleme waar ons kan en het altyd voorraad wurms as jy meer soek of wil uitbrei.

(worms, wormeries, compost worms, kariba, red wriggler worms)

Muti This

This post was submitted by vlooi.