Mense wat gemorspos stuur moet karbadust kry …
Privaatheid word ernstig opgeneem.
As jy jou inligting aan vlooi bekend maak, byt ek dit vas. Ek sal verseker dat jou privaatheid beskerm word. Indien iemand jou inligting uit my bek wil ruk, sal ek ‘n sewe meter sprong gee om dit uit sy kloue te hou. Sies boetie hou jou in, die inligting is ‘n ander een se private ding!
Wat dek die klousule:
Die klousule dek die webwerf vlooi met al sy mede byters. Persoonlike inligting soos jou byt keuses, adres, e-pos adres, of enige ander kontakbesonderhede wat jy bylas, sal nie deur my uitgegee word nie.
Inligting insameling en gebruik:
As jy ‘n advertensie plaas op vlooi, vra ek jou sekere inligting, en wanneer jy registreer is daar inligting wat verlang word. Moet nie inligting verskaf waarmee jy nie tuis voel nie – skep eerder vir jou ‘n gmail adres en verskaf dit!!!
Joernaal:
Ag, soms kyk ek na die inligting in die joernaal, jou IP adres, jou ISP, die loerder wat jy gebruik … dit is nou soos IE of Firefox – ag sies, wat het jy nou weer gedink!!!
Tant Koekies:
As jy vir Tant Koekies op jou rekenaar toelaat, is sy die area se skinnerbek! En dit op jou rekenaar se hardeskyf. Sy hou jou doen en late dop, kyk by wie jy kuier, waar en tot hoe laat saans … jou voorkeure, waar jy kliek en nie kliek nie, so hou eerder jou gordyne toe en moet haar in die eerste plek nie toelaat nie. Gebruik die woorde: “Nee Koekie”!!
Ek het tant Koekie in my diens om my blaaie te monitor, te kyk wat is gewild – wie ek in die pad moet steek en wie ‘n verhoging moet kry.
Sy het oulike insette, en dit help my om my vlooi voorkoms op sy beste te hou. Sy kan gelukkig nie jou rekenaar inligting bestudeer nie, dink net watse chaos sal ons dan op die lyne kry! Erger as “nommer asseblief” se skakelbord!
As jy haar glad nie naby jou wil sien nie, verstel net jou loerder – IE of Firefox – en dan gaan die rooi liggie of alarm af as sy haar verskyning onverwags maak. Die buurt se honde sal blaf, die vlooie sal byt, Wagter sal agter sy ore begin krap en Kietsie sal ‘n sprong in die lug gee.
Inligting deel:
Ek sal nie jou persoonlike inligting herverkoop nie, die swartmark waarde vir ouens soos jy is maar min – tensy jy jou adres sy verskyning laat maak, is dit geheel en al jou saak.
Wanneer verander ek my standpunt oor die klousule:
As dit volmaan is kom nuwe idees soms in, so ek mag dalk dan die legger opdateer, maar wet is wet: As jy byt is jou inligting veilig, en jy is nie jou privaatheid kwyt!
Wees van een ding verseker, my tande het gebyt, en ek het nie hande om gemors die hele wereld oor te strooi nie, ook nie in die pos nie!
Oukies wat gemors stuur, moet karbadust kry!!
Dan kyk ons hoe lank jou streke duur … as ek jy is sal ek dit vermy!
Inligting en kontak besonderhede:
As jy nou lekker gelees het en steeds wonder wat hier aangaan, loop soek die vlooi en kontak my dan sommer direk. Ek byt nie!
Kriewelrig,
Vlooi
This post was submitted by vlooi.
